Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Volkswagen verleng waarborge, diensplanne

Volkswagen gaan, nes verskeie ander motorvervaardigers, die uitwerking van die Covid-19-pandemie op motoriste probeer versag.

Volkswagen is die jongste motorvervaardiger wat hulp vir sy klante tydens die Covid-19-pandemie aanbied.

Volkswagen sê Maandag in ’n verklaring hy gaan waarborge en diensplanne verleng om die invloed van die staat van inperking in ag te neem.

Eienaars van nuwe Volkswagen-voertuie wat waarborge het wat tussen 27 Maart en 30 Junie sou verval het, sal nou ’n verlenging van drie maande gratis ontvang.

Volkswagen sê dit geld ook mense wat tydens die staat van inperking wou eis van hul waarborg, maar nie kon nie weens die geslote Volkswagen-takke.

Diensplanne sal ook verleng word.

Enige nuwe Volkswagen waarvan die diensplan tussen 27 Maart en 20 Junie sou verval het, sal nou ook ’n verlenging van drie maande gratis ontvang.

Volkswagen bied ook ’n grasieperiode aan vir klante wat, ongeag van hul diensplan, tydens die staat van inperking veronderstel was om hul motors te laat diens.

Die maatskappy sê hy sal nou ’n uitstel van 1 500 km of een maand toeken sodat motoriste nie gestraf word vir hul onvermoë om hul motors betyds te kon laat diens nie.

Onder meer Mahindra, Audi en Hyundai het in April reeds hul eie aankondigings gemaak oor hoe waarborge en diensplanne verleng sou word.

Volkswagen is die gewildste passasiersvoertuig in Suid-Afrika, met veral die Volkswagen Polo wat al ’n geruime tyd die topverkoper in die Suid-Afrikaanse mark bly.

Meer oor:  Volkswagen  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Motors  |  Motorvervaardigers  |  Vlak 4  |  Inperking  |  Motorvervaardiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.