Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Vonke begin spat in valuta-saak
Investec se hoofkantoor in Sandton, Johannesburg.

Die Mededingingstribunaal het Maandag sy sitting oor beweerde samespanning tussen banke oor prysvasstelling in Pretoria begin.

The Mail & Guardian berig die dag het egter begin met Investec se versoek dat die tribunaal ’n verklarende bevel dat die Mededingingskommissie se gedrag “ergerlik en onredelik” was, uitreik.

Die koerant berig die eerste dag is hoofsaaklik gewy aan die banke se versoek, weens verskeie redes, dat die saak van die hand gewys moet word.

Sommige van die banke het reeds in Mei 2017 in regsdokumente gesê die kommissie se klagte is vaag en skep ’n verleentheid.

Hulle is ontevrede dat die kommissie nie jurisdiksie oor sekere van die internasionale banke het nie.

Moneyweb berig Makgale Mohlala, bestuurder van die kommissie se afdeling vir kartelbedrywighede, sê die kommissie sal Dinsdag sy argumente teen Investec se aansoek voorlê.

Die Mededingingskommissie het sedert April 2015 ’n saak van prysvasstelling en marktoewysing ondersoek in die verhandeling van buitelandse wisselkoerse waarby die rand betrokke is.

Die ondersoek het bevind dat die banke ten minste van 2007 af ’n algemene ooreenkoms gehad het om saam te span met verhandelings van die rand-dollar-wisselkoers en het pryse gemanipuleer.

Die banke het ook die pryse gemanipuleer deur ooreenkomste om op sekere tye nie te verhandel nie, of deur die skep van fiktiewe pryse om vraag en aanbod te verwring, sê die kommissie.

Agttien banke van oor die wêreld heen word daarvan verdink dat hulle wisselkoerse onderling vasgestel het.

Absa (voorheen Barclays Africa) is kwytgeskeld nadat dié bankgroep ’n fluitjieblaser was, terwyl Citigroup ingestem het om ’n boete van R69,5 miljoen ($5,4 miljoen) vir sy beweerde aandeel te betaal.

Moneyweb berig die kommissie se versoek is dat die banke met 10% van hul jaarlikse omset beboet word.

Die verhoor duur tot Vrydag.

Die betrokke banke
  • Bank of America Merrill Lynch International Limited
  • BNP Paribas
  • JP Morgan Chase & Co
  • JP Morgan Chase
  • Investec
  • Standard New York Securities
  • HSBC
  • Standard Chartered Bank
  • Credit Suisse Group
  • Standard Bank van Suid-Afrika
  • Commerzbank
  • Australia and New Zealand Banking Group
  • Nomura International
  • Macquarie Bank
  • Absa
  • Barclays Capital
  • Barclays
  • Citibank



Meer oor:  Investec  |  Mededingingstribunaal  |  Mededingingskommissie  |  Banke  |  Samespanning  |  Valuta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.