Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Comair-sakeredders vra uitstel vir plan
Comair se aandeelhouers moet teen 9 Junie kommentaar lewer op die groep se sakereddingsproses.

Die lugdiensgroep Comair se sakeredders het krediteure twee weke uitstel gevra om sy sakereddingsplan te publiseer.

Die plan sou op 9 Junie uitgereik word, maar die sakeredders vra of hulle dit eers op 23 Junie kan doen. Dit is omdat Comair nog besig is om sy finansiële state vir April af te handel, en die inligting is nodig sodat die sakeredders krediteure se eise kan laat klop met die maatskappyrekords, het hulle Vrydagmiddag in 'n verklaring gesê.

Comair wag ook nog op 'n onafhanklike berekening van die dividend wat krediteure sou kon ontvang in geval die maatskappy gelikwideer sou word. Dit is ook inligting wat in die sakereddingsplan ingesluit moet word. Verder wil die sakeredders verder met geaffekteerde partye konsulteer om 'n deeglike plan te kan opstel. Aandeelhouers van Comair is intussen ook uitgenooi om vrae, voorstelle en kommentaar in te stuur oor die groep se sakereddingsproses.

Comair, wat kulula.com en die plaaslike franchise van British Airways bedryf, het vroeg in Mei om sakeredding aansoek gedoen. Hy waarsku hy kan eers teen November vlugte hervat, sal sy vliegtuigvloot met die helfte moet sny en heelparty personeellede moet aflê.

Om die maatskappy te herkapitaliseer, beoog die sakeredders om nuwe aandele in Comair uit te reik, maar dit sal die huidige aandeelhouers se belange aansienlik verwater, het hulle in ’n Sens-verklaring Vrydag gewaarsku.

Die sakeredders sal bepaal teen watter pryse enige nuwe, gewone of voorkeuraandele in Comair uitgereik sal word, en aandeelhouers, asook die JSE, sal die uitreiking moet goedkeur.

Comair se krediteure sal volgens die sakeredders vergoed word deur ’n kombinasie van die wins uit die verkoop van bates, enige kapitaal wat ingesamel word deur die uitreiking van aandele, of met uitgereikte aandele self.

Comair se aandeelverhandeling op die JSE is tans opgeskort. Die aandeelprys staan op R1. Shaun Collyer en Richard Ferguson, die sakeredders, sê in die verklaring hulle is vol vertroue dat Comair weer sal vlieg.

Die sakeredders vra aandeelhouers moet teen 9 Junie hul vrae of kommentaar instuur na die e-posadres brpcomments@comair.co.za. Krediteure moet teen 8 Junie geskrewe besware teen die versoek om uitstel na creditorclaims@comair.co.za stuur.

Meer oor:  Kulula.Com  |  British Airways  |  Comair  |  Sakeredding  |  Maatskappye  |  Lugdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.