Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Vrees neem toe dat kos op hawens sal bederf

Suid-Afrika se hawens is weer aan die gang ná die verwoestende kuberaanval wat Transnet se IT-stelsels sedert verlede Donderdag verlam het, maar volgens dié wat weet, is die probleme lank nie verby nie.

’n Vragskip wag in die Durbanse hawe dat sy vrag afgelaai word in dié argieffoto. Foto: Getty Images

Voedseltekorte weens die enorme agterstande by die hawens is nie uitgesluit nie.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, sê in ’n verklaring die hawens is weer volledig in bedryf.

Sekere stelsels is nog van lyn af, maar vrag kan weer beweeg en dit kan weer op skepe gelaai en afgelaai word.

Maar nadat die hawens ’n week lank toe was weens die onluste in KwaZulu-Natal en nou weer ’n week omdat IT-stelsels onbeskikbaar was en force majeure verklaar is, ervaar veral die Durbanse hawe enorme agterstande.

Die Suid-Afrikaanse Vleisverwerkersvereniging (Sampa) en die Suid-Afrikaanse Vereniging van Vleisin- en -uitvoerders (Amie) sê ’n “perfekte storm” van probleme dreig om tot voedseltekorte in die land te lei.

Tonne vleis en ander vars kos lê in verkoelde vraghouers wat nie toegang tot kragpunte kan kry om verkoel te bly nie, sê Sampa en Amie.

Dié vraghouers het elektrisiteit nodig en met soveel vrag wat oor twee weke in die hawe opgehoop het, is daar nou te min ruimte om die vrag met bederfbare produkte behoorlik te stoor.

Albei organisasies sê as iets nie dringend gedoen word nie, dreig enorme tekorte landwyd soos wat die tonne en tonne kos gaan vergaan.

Daar is ook kommer oor die nodige toetse wat op die voedsel gedoen moet word vir veiligheidsmaatreëls.

Daar is so min kapasiteit op die Durbanse hawe dat gesondheidsinspekteurs nie hul werk sal kan verrig nie.

Hulle doen dus nou ’n dringende beroep op die regering om toe te laat dat verkoelde vraghouers net so verskeep word na binnelandse verkoelde bergingsareas sodat dit beskerm kan word. Dit kan daar getoets word en hopelik teen verrotting verseker word.

Omdat veevoer in die hawe vassit, kan boere nie hul vee voer nie en moet hulle nou hul diere slag. Slagplase het egter ook ’n beperkte vermoë. Die hele stelsel word dus bedreig.
Paul Matthew van Amie

Dinge lyk ietwat beter in die Kaapstadse hawe.

Daar is ook ’n groot agterstand, maar nie so groot soos dié van Durban, Suid-Afrika se grootste hawe, nie.

Kaapstad se hawe kon die afgelope week 2 760 vraghouers verwerk en vier skepe se vrag aflaai.

Die gewone getal vraghouers wat verwerk moet word, is egter 2 000 per dag.

David Maynier, LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede in die Wes-Kaap, sê die agterstand moet nou geprioritiseer word.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings.

“Altesaam sewe dae het verlore gegaan met meer as 10 000 vraghouers wat vertraag is en twee vaartuie wat die hawe van Kaapstad verbygesteek het. Drie skepe wat nou al klaar moes gewees het, lê nog aan die lêplek, terwyl ses vragskepe geanker wag. Hulle moes nou al vasgemeer het.”

Maar selfs al gaan dinge beter in die Kaap, meen Sampa en Amie die hele land sal die effek van die kuberaanval voel.

“Ons meen dit kan tussen drie tot 18 maande neem om werksaamhede te herbou, te herstel en te hervat by strategiese aanlegte vir verkoeling en verwerking wat in veral KZN deur die onluste geraak is.

“Die huidige bottelnekke raak nie net invoerders nie, maar ook uitvoerders van Suid-Afrikaanse produkte, insluitend vrugte en wyn. Ons sien reeds ’n uitwerking op die hele voedselwaardeketting,” sê Paul Matthew, uitvoerende hoof van Amie.

“Omdat veevoer in die hawe vassit, kan boere nie hul vee voer nie en moet hulle nou hul diere slag. Slagplase het egter ook ’n beperkte vermoë. Die hele stelsel word dus bedreig.”

Meer oor:  Transnet  |  Hawens  |  Vragskepe  |  Infrastruktuur  |  Kuberkrakers  |  Logistiek  |  Vragvervoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.