Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
VSA-regsfirma kyk na eis teen Naspers oor ANN7

’n Amerikaanse regsfirma wat bekend is vir groepgedinge sê hy het ’n ondersoek namens beleggers van Naspers begin oor die geld wat MultiChoice aan ANN7 betaal het.

Die regsfirma Pomerantz sê in ’n verklaring die ondersoek hou verband daarmee of Naspers en lede van sy bestuur of direkteure by onwettige sakepraktyke betrokke was.

Volgens Pomerantz ondersoek hy die moontlikheid van ’n regseis teen Naspers.

Dit kom nadat Naspers op 1 Desember in ’n verklaring gesê het sy filiaal MultiChoice het met ’n ondersoek begin om vas te stel of onvanpaste betalings aan die nuuskanaal ANN7 gemaak is. Dié kanaal is tot onlangs deur die omstrede Gupta-familie besit.

In die verklaring is daar verwys na mediaberigte wat spruit uit gelekte e-posse wat toon MultiChoice het sy jaarlikse betaling aan ANN7 wesenlik verhoog van R50 miljoen tot R141 miljoen oor die afgelope twee jaar.

Die regsfirma voer in sy verklaring aan Naspers se Amerikaanse depositobewyse het Vrydag toe dié verklaring uitgereik is met 5,5% gedaal tot $51,60.

Naspers is om kommentaar genader, wat bygevoeg sal word sodra hy gereageer het. Die aandeelprys het 'n rukkie gelede 4,13% laer teen R3 479,95 verhandel.

  •  Netwerk24 is deel van Media24, nog ’n filiaal van Naspers.
Meer oor:  Ann7  |  Naspers  |  Multichoice  |  Aandeelprys  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.