Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Vukile Property se dividend styg stewig
’n Kunstenaarsvoorstelling van hoe Vukile se Pinecrest-winkelsentrum in Pinetown in KwaZulu-Natal gaan lyk nadat dit teen ’n koste van R167 miljoen tot 45 200 m² vergroot is.

Die Vukile Property Fund se

dividend vir die jaar tot einde Maart 2018 het met 7,7% toegeneem tot 168,82c per aandeel, danksy ’n sterk vertoning van die groep se Suid-Afrikaanse kleinhandelportefeulje in ’n uitdagende omgewing.

Die vertoning weerspieël ook Vukile se stewige balansstaat en entrepreneuriese transaksievermoë, wat tot sy strategiese uitbreiding in Spanje gelei het.

Laurence Rapp, uitvoerende hoof, sê dit was ’n mylpaaljaar vir Vukile, wat nou as ’n goeie gehalte, laerisiko- eiendomsbeleggingstrust (reit) in Suid-Afrika bedrywig is en 21% van sy bates in Spanje hou.

Vukile het die boekjaar afgesluit met totale bates van R21,6 miljard.

Dit behels R15,9 miljard (74%) in Suider-Afrika, R4,5 miljard (21%) in Spanje en R1,2 miljard (5%) in die Verenigde Koninkryk.

Die groep se plaaslike kleinhandelportefeulje bestaan uit 46 eiendomme met ’n waarde van R13,2 miljard en ’n bruto verhuringsruimte van 810 000 m².

Vukile is tans besig met die herontwikkeling van sy Maluti Crescent Mall in Phuthaditjhaba in die Vrystaat teen R367 miljoen.

Wanneer dit in April 2019 voltooi is, sal dit die grootste moderne winkelsentrum in die gebied wees.

Ook word sy Pinecrest-winkelsentrum in Pinetown in KwaZulu-Natal teen ’n koste van R167 miljoen tot 45 200 m² vergroot van 40 100 m².

In Spanje maak die groep uitstekende vordering met sy Spaanse filiaal Castellana, waarin hy ’n belang van 98,7% hou.

Teen die einde van die boekjaar het Castellana ’n portefeulje met ’n bruto verhuringsruimte van 173 000 m² gehad. Altesame 92% was kleinhandeleiendom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.