Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Vulstasies se winkels mág oop wees, sê minister
Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie.

Die geriefswinkels by vulstasies mág oop wees.

Enkele gevalle is onder sy aandag gebring van waar dié winkels gedwing is om hul deure te sluit en dit word reggestel, het Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en energie, Vrydagmiddag op ’n nuuskonferensie gesê.

“Dié winkels verskaf ook kos, wat noodsaaklike goedere is.”

Mantashe sê die land het genoeg brandstof, selfs nadat twee raffinaderye gesluit het – Engen s’n in Durban en Astron s’n in Kaapstad.

Hy het ook gepleit dat myne wat steenkool aan Eskom voorsien en dus tydens die staat van inperking voortgaan met hul bedrywighede, inligting en beste praktyke met mekaar moet deel.

Hy sê in ’n inspeksie by drie steenkoolmyne in Mpumalanga – Exxaro se Matla, Glencore se Impunzi en Seriti se Kriel – is bevind daar is “kolle van uitnemendheid”, maar ook myne wat ’n agterstand toon ten opsigte van die beveiliging van hul werkers.

Dit is ’n probleem omdat werkers van verskillende myne dikwels uit dieselfde gemeenskap kom.

Al dié myne lewer steenkool aan Eskom.

Die departement gaan meer gereeld inspeksies hou om te verseker die myne voldoen aan regulasies.

“Ons doen dit nie om bestrawwend te wees nie, maar met die primêre doelwit om werknemers, verskaffers, kontrakteurs en almal met wie hulle in aanraking kom, te beskerm.

“Daar is begrip vir die impak van die inperking op die mynbou, maar ons moet begryp dat nou nie die tyd is om wins ten koste van die gesondheid en veiligheid van mense na te jaag nie.”

Meer oor:  Gwede Mantashe  |  Winkels  |  Covid-19  |  Staat Van Inperking  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.