Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Waarnemende hoof van SAL tree uit
Een van die SAL se vliegtuie staan geparkeer op die internasionale lughawe in München. Foto: Getty Images

Zuks Ramasia, waarnemende uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), tree op 14 April 2020 af, het die lugdiens Donderdag aangekondig.

Ramasia het 27 jaar by die lugdiens gewerk en is in Junie 2019 as waarnemende hoof aangestel.

Sy het in 1992 as lugwaardin by die SAL begin werk. Sy is in 2000 tot ’n bestuursposisie in die afdeling vir kajuitpersoneel bevorder en weer in 2005 tot die SAL se hoof van sy wêreldwye bedryfsentrum.

Sy is later in 2012 tot hoofbestuurder van bedrywighede by die lugdiens bevorder.

Ramasia het Vuyani Jarana as waarnemende hoof van die maatskappy opgevolg ná sy skielike bedanking in Junie 2019.

Die lugdiens is in Desember in sakeredding geplaas. Die SAL moes ook intussen nes alle ander plaaslike lugdienste alle vlugte tydens die nasionale staat van inperking kanselleer.

Ramasia se tussentydse opvolger is nog nie aangekondig nie.

Die nuwe hoof sal die maatskappy deur die moeilike proses van sakeredding moet stuur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.