Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Waar’s die Marmite, Mamma?

As jy en jou gesin getroue Marmite-gebruikers is, beter jy vinnig ’n paar botteltjies gaan koop of jy sal die volgende paar maande met Bovril op jou brood tevrede moet wees. 

Marmite, wat 100% vegetaries is, is vir die eerste keer in 1902 in Brittanje verkoop.

Heelparty winkels ondervind tans ’n tekort aan Marmite en lesers het reeds hul kommer teenoor Netwerk24 uitgespreek oor dié geurige smeer wat daagliks op duisende geroosterde snye brood geëet word en wat skielik so skaars is.

Pioneer Foods, die vervaardiger van Marmite in Suid-Afrika, het bevestig dat daar inderdaad ’n tekort aan botteltjies Marmite in Suid-Afrika is. Die oorsaak is ongelukkig ’n noodsaaklike bestanddeel in die vervaardigingsproses van die smeer.

Brouersgis van goeie gehalte is blykbaar so skaars soos hoendertande op die oomblik en daarsonder kan Marmite nie vervaardig word nie.

“Verbruikers sou opmerk dat hul geliefde Marmite nie geredelik op winkelrakke beskikbaar is nie,” sê Snowy Kruger, bemarkingsbestuurder van PepsiCo in Suid-Afrika. Pioneer Foods is verlede jaar deur die Amerikaanse reus PepsiCo oorgekoop.

“Ons het ’n tekort aan brouersgis van goeie gehalte en daarom word minder Marmite vervaardig.”

Dié tekort kan veroorsaak dat Marmite se voorraad eers oor ’n paar maande sal normaliseer.

Kruger sê daarom liefhebbers van Marmite hoef nie paniekerig te raak en trane te stort dat Marmite vir altyd uit hul lewens gaan verdwyn nie.

“Marmite gaan weer op die winkelrakke wees en ons verwag dat die voorraad teen die einde van Julie weer op dreef sal wees.”

Hoewel Bovril ook gis as bestanddeel het, word dit nie deur die tekort geraak nie, het Pioneer bevestig. Pioneer vervaardig ook Bovril. ’n Gemengde gisproduk word vir Bovril gebruik, waarvan daar genoeg voorraad is.

Brouersgis – soos die naam suggereer ’n newe-produk van bierbrouery – is skaars omdat bierproduksie wêreldwyd afgeskaal is te midde van inperkingsmaatreëls en laer drankverbruik.

Die tekort heers sedert 2020.Dit het Unilever, wat Marmite in die res van die wêreld vervaardig, genoop om net 250 g-botteltjies te vervaardig en nie die groot 400 g-botteltjies nie. 

Plaaslik is die klein houertjies ook al wat op die meeste winkelrakke te koop is.

Meer oor:  Pepsico  |  Pioneer Foods  |  Marmite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.