Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Waghond ondersoek voorval van lyk by Old Mutual

Verbruikers is gemaan om nie te reageer op oproepe op sosiale media om hul Old Mutual-lewenspolisse te kanselleer nie. Dit volg ná ’n voorval waarin ’n familie ’n lyk na Old Mutual se kantoor geneem het uit desperaatheid oor die gesloer met die uitbetaling van ’n polis.

LEES OOK: Familie vat lyk na Old Mutual ná gesloer

Die Gedragsowerheid oor die Finansiële Sektor (FSCA) sê in ’n verklaring hy neem kennis van die ongelukkige voorval wat Old Mutual betrek waarin die Mtshali-familie van KwaZulu Natal ’n lyk na sy kantoor geneem het.

“Dit wil voorkom of die familie tot die desperate daad oorgegaan het sodat die voordele van ’n polis aan hulle uitbetaal word.”

Familielede het ’n lyk na die Old Mutual-kantore in KwaZulu-Natal geneem nadat Old Mutual glo geweier het om uit te betaal. Foto: Skermgreep

Die FSCA ondersoek nog die feite en sal gepaste stappe doen indien nodig wanneer die ondersoek afgehandel is.

“As gedragsowerheid vir die finansiële sektor, moet ons verseker dat finansiële kliënte billik deur finansiële instellings behandel word. Hoewel ons nie individuele klagtes oplos nie, hou ons enige gelisensieerde onderneming wat nie hul klante regverdig behandel nie, aanspreeklik.”

“Hoewel ons die frustrasie onder baie mense verstaan, doen ons ’n beroep op kliënte om nie hul polisse te kanselleer nie, want daar is risiko’s verbonde aan so ’n aksie.”

Dit sluit in:

  • Dat ’n verbruiker wat ’n lewenspolis kanselleer dit baie moeilik gaan vind om nuwe dekking te kry as hulle intussen ’n mediese toestand ontwikkel het.
  • ’n Lewenspolis wat uitgeneem is op ’n jonger ouderdom is normaalweg goedkoper as wat dit sal wees wanneer iemand ouer is.
  • ’n Nuwe polis wat deur ’n ouer persoon uitgeneem word, het dalk nie net hoër premies nie, maar dit kan moeilik wees om dieselfde dekking te kry as voorheen.
  • Die vroeë beëindiging van enige beleggingspolis kan ’n koste meebring.
  • Daar mag wagtye wees wat geld as vir die nuwe begrafnisdekking wat gekry word.

Die FSCA sê wanneer ’n persoon besluit om sy polis te vervang is dit belangrik om vergelykings te tref tussen die eienskappe van die ou en nuwe polisse en verkieslik met die hulp van ’n gekwalifiseerde finansiële adviseur.

Meer oor:  Fsca  |  Old Mutual  |  Lyk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.