Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Wagte se verhoging goedgekeur

’n Staking van private sekerheidswagte is ná vier maande se onderhandelinge afgeweer nadat ’n driejaarooreenkoms oor salarisverhogings en ander voordele onderteken is.

Veiligheidswagte het gedreig om oor verhogings te staak, wat ondernemings en individue landwyd so raak. iStock

Werkgewers en vakbonde wat op die nasionale bedingingsraad vir die private sekerheidsektor verteenwoordig word, het die ooreenkoms Maandag onderteken.

Die verhoging wat toegestaan word, is nie bekend gemaak nie omdat dit nog binne die volgende 60 dae deur die minister van arbeid en indiensneming bekragtig moet word. Die verhogings sal in werking tree sodra dit bekragtig is.

Nagenoeg 500 000 mense werk as private veiligheidwagte.

Onder die bykomende voordele is ’n werknemerbydrae vir hospitaaldekking wat R100 sal beloop in jaar twee van die ooreenkoms en R150 in jaar drie.

Wahl Bartmann, uitvoerende hoof van die Fidelity Services Group, sê die ooreenkoms is tot voordeel van almal.

“Ons is tevrede dat die beste belang van die bedryf, ondernemings en hul werknemers gedien is.”

Meer oor:  Veiligheidswagte  |  Sekuriteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.