Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Wanbesteding: R1 mjd. onder tesourie se vlerk

Staatsentiteite wat onder die nasionale tesourie val het in die afgelope boekjaar R1 miljard se onreëlmatige besteding aangemeld.

Finance Minister Tito Mboweni.
Tito Mboweni is sedert Oktober 2018 die minister van finansies en nasionale tesourie is onder hom. Hy is aangestel na Nhlanhla Nene bedank het wat vroeg in 2018 aangestel is. Voor Nene was Malusi Gigaba minister van finansies sedert die omstrede afdanking van Pravin Gordhan in Maart 2017 deur die voormalige president Jacob Zuma. Foto: Gallo Images

’n Afvaardiging van die ouditeur-generaal het Dinsdag dié inligting met die parlement se staande komitee oor finansies gedeel.

Onreëlmatige besteding is enige besteding wat nie ingevolge die riglyne oor aankope van die staat plaasvind nie.

Liezl Kestlmeier, senior bestuurder van die ouditeur-generaal, sê dit is 16 entiteite wat onder die nasionale tesourie val se gesamentlike onreëlmatige besteding.

Dit is vergeleke met R960 miljoen in die vorige boekjaar.

“Die grootste bydraer tot die onreëlmatige besteding is nasionale tesourie self en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).”

Sy sê die onreëlmatige besteding van die nasionale tesourie het R466 miljoen beloop en die van die SAID R454 miljoen.

Die meerderheid van die onreëlmatige besteding is weens ’n gebrek aan behoorlike nakoming van die aankopeproses wat gevolg moet word.

Sy sê hulle het bevind kontrakte wat toegeken is, het verskil van die aanvanklike uitnodigings om tenders in te dien. Van die ander probleme is dat kontrakte verleng is of verander is sonder die toestemming van die vereiste beampte.

Kestlmeier sê onstabiliteit en belangrike poste wat vir lank nie gevul word nie het die potensiaal om ’n gebrek aan bevoegdheid te skep en het ’n negatiewe impak op oudits.

Die afgelope vyf jaar het die oudits op die entiteite onder die nasionale tesourie se vlerk baie agteruitgegaan. In die 2015-boekjaar het 44% ongekwalifiseerde oudits met geen bevindinge gekry nie. In die pasafgelope boekjaar het net 25% ongekwalifiseerde oudits met geen bevindinge gekry nie. - Fin24

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.