Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Wat gaan Kersvader vanjaar in jou kind se kous sit?

Glo dit of nie, maar Kersfees is om die draai.

Meninge kleinding begin waarskynlik al skimp oor wat Kersvader vanjaar vir hulle moet bring.

Maar wat gaan aan in die fabriek daar op die Noordpool?

Die Robo Alive Rampaging Raptor. Foto: Toys R Us

Vir watter speelgoed het die elwe reeds vroeë bestellings ontvang, en wat gaan in groot aanvraag wees?

Die immergroen Barbie en Lego-boublokkies gaan definitief hoog op die lys wees, meen Catherine Jacoby, bemarkingsbestuurder by Toys R Us.

Vanjaar se Barbie is fiks en gesond en wil mooi lyk. Sy is beskikbaar in ’n Wellness- of Fashionista-weergawe.

Die Barbie Color Reveal-pop is ook glo ’n groot gunsteling. Dié pop word in ’n houer verpak waar jy nie kan sien watter kleur sy is, totdat jy dit oopmaak nie.

Vir dié kinders wat nie van Barbie hou nie, is daar ook die skattige Rainbocorns en Smashers.

’n Rainbocorn is ’n sagte, poppige speelding wat in verskeie kleure beskikbaar is, terwyl ’n Smashers ’n tipe eier is waarin daar – hoe dan nou anders – ’n speelgoed dinosourus in is.

Dinosourus-liefhebbers kan ook in hul kous loer of Kersvader dalk nie ’n Robo Alive Rampaging Raptor afgelewer het nie. Dié robot dinosourus kan nie net rondhardloop nie, maar sal ook “hap” na moontlike “prooi”.

Gewilde afstandbeheerspeelgoed sluit die Ford Ranger 12V in, en ’n hond wat toertjies kan doen.

Rainbocorns Foto: Toys R Us

’n “Speelding” wat menige ouer moontlik ook graag sal wil probeer, en wat waarskynlik meer geskik is vir ’n ouer kind, is die Zingo Electric Ride On Move. Dié bord met sy twee wiele, het ’n topspoed van 12 kilometer per uur.

Die groot gunsteling – slym – is natuurlik ook beskikbaar in vele kleure en geure.

Speelgoed soos Barbie en Lego is nie net gewild onder Suid-Afrikaanse kinders nie.

Die Britse tydskrif Hello! sê dié speelgoed gaan na verwagting ook in Kerskouse in dié land verskyn.

Speelgoed wat Hello! verwag gewild kan wees, is ’n animatroniese baba Yoda uit die Mandalorian-reeks, speelgoed uit die gewilde Paw Patrol-reeks, Uno-kaarte, wetenskapstelle van National Geographic en Monopoly.

Met soveel opsies is die enigste vraag nou: Hoe op aarde gaan kinders nog 63 dae lank kan wag tot Kersfees . . . en meer belangrik . . . Hoe op aarde gaan ouers al die gesmeek tot dan hanteer?

Toys R Us se lys van top-25-speelgoed vir Kersfees 2020

1. Cry Babies Candy

2. Caylee SNV met perdesleepwa

3. Caylee Deluxe-pophuis met hysbak

4. Caylee Sequence Fashion Set

5. Enchantimals Hoppin’ Ski Chalet-speelstel met pop Doll

6. Rainbocorns Sweet Shake Surprise

7. Barbie-koswaentjie

8. Barbie Colour Reveal Doll Wave 4 “Meerminne”

9. Barbie-naaldwerkmasjien met Barbie-pop

10. Play-Doh Candy-speelstel

11. Oosh Potions Towerslym

12. Monopoly Sore Losers-reeks

13. Club Petz My Baby Unicorn

14. LEGO Boost Creative-Gereedskapskis 17101

15. Rev Up Trickster

16. Rock Climber All Terrain 1:16

17. Stunt Dog

18. Soldier Force-stel

19. X-Shot Omega Belt Loaded

20 Smashers Dino Ice Age Surprise

21. Robo Alive Rampaging Raptor

22. Intex Shoot ’n Bounce Jump-O-Lene

23. Electric Ride On Move 2.0 Swart

24. 7” Smart Kids-tabletbondel Blou/Pienk

25. Ford Ranger 12V met afstandbeheerder



Meer oor:  Toys R Us  |  Kersvader  |  Kersfees  |  Lego  |  Barbie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.