Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Wat gebeur met e-tol tydens beurtkrag?

Al ooit gewonder wat gebeur met e-tol tydens beurtkrag? Ongelukkig vir motoriste in Gauteng steur die e-tolstelsel hom nie aan beurtkrag nie.

Die e-tolstelsel in Gauteng word nie deur beurtkrag geraak nie.Foto: Argief

“Daar is geen onderbreking in die e-tolstelsel weens beurtkrag nie,” het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) Dinsdag Netwerk24 se vraag hieroor per e-pos beantwoord.

“Die e-tolinfrastruktuur is ontwerp met verskeie ander kragbronne wat ononderbroke kragvoorsiening lewer met onder meer batterye en kragopwekkers, sowel as rugsteunkrag vir die ander kragbronne.”

Gesien dat Sanral net 25% tot 30% van die inkomste uit sy Gautengse e-tolprojek kry, is dit geen wonder die agentskap hou dié stelsel heeltyds aan die gang nie.

Die kwessie oor of e-tol behou moet word of nie, word jare lank reeds gedebatteer.

Hoewel die regering die standpunt inneem dat “die gebruiker moet betaal”, voer politici en ander belanghebbendes soos die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) aan dat die stelsel so gou as moontlik geskrap moet word.

Outa voer aan dat die e-tolstelsel onwettig en ongrondwetlik is; dat die publiek ’n rat voor die oë gedraai is oor die aanvanklike koste en die bedryfskoste van die projek; en dat die nodige wetlike prosesse nie gevolg is om die publiek van Sanral se voornemens om dit te bou, in te lig nie.

Meer oor:  Beurtkrag  |  Belasting  |  Outa  |  Vervoer  |  E-Tol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.