Die lys noodsaaklike produkte en dienste wat oop is en wie se werknemers dus vryelik mag rondbeweeg tydens die staat van inperking is Vrydag bygewerk. Hier is wat ons nou weet (op Vrydag 27 Maart om 13:20). Die lys sal moontlik herhaaldelik aangepas word.
LEES OOK: Wie is wanneer oop en wat word verkoop?
Winkels, dienste wat oop bly
Die belangrikste winkels en ondernemings wat oop sal wees en dienste gelewer sal word, is:
- Winkels wat enige kos, skoonmaakmiddels en toiletware verkoop, insluitend spazawinkels;
- Plekke wat produkte verkoop wat in die vervaardiging van kos of ander noodsaaklikhede nodig is;
- Apteke;
- Vulstasies;
- Veeartse en winkels wat dierekos verkoop;
- Winkels wat produkte vir die versorging van babas en kleuters verkoop;
- Plekke wat lugtyd en krag verkoop;
- Banke, ook kitsbanke;
- Laboratoriums;
- Die JSE;
- Vullisverwydering;
- Watervoorsiening;
- Begrafnisondernemers;
- Koerierdienste wat noodsaaklike mediese toerusting aflewer;
- Koerante, digitale nuusdienste en uitsaaidienste;
- Insleepdienste;
- Insleepdienste;
- Oproepsentrums wat nodig is om sekere dienste te lewer in
die veld van gesondheid, veiligheid, maatskaplike steun, regerings- en finansiële
dienste; en
- Oes- en bergingsbedrywighede om te keer dat primêre
landbouprodukte verlore gaan.
Wie is vrygestel van inperking?
Benewens werknemers van winkels en ondernemings wat oop mag bly, mag die volgende mense vryelik rondbeweeg:
- Enige werknemers van maatskappye wat basiese goedere, insluitend kos, skoonmaakmiddels en brandstof, vervaardig of versprei;
- Gesondheidswerkers (staat- en private sektor);
- Nooddienspersoneel (soos ambulanspersoneel, reddingswerkers);
- Veiligheidspersoneel (polisielede, verkeersbeamptes, soldate, private veiligheidswagte);
- Mense in die bankwese wat noodsaaklike dienste verrig;
- Mense wat in krag- en waterverskaffing werk;
- Mense wat telekommunikasie-infrastruktuur in stand hou (veselnetwerke, foonlyne en selfoontorings);
- Mense wat bejaardes en siek mense versorg, hetsy by hul huis of in tehuise;
- LP’s, munisipale werknemers, staatsamptenare en werknemers van staatsondernemings wat die noodmaatreëls in werking moet stel;
- Lede van die media;
- Mense wat werk met betaalstaatstelsels as ander reëlings nie
voor die inperking getref is nie, ten einde te verseker dat werknemers betyds
betaal word; en
- Mense wat kritieke onderhoudsdienste verrig wat nie meer as
21 dae uitgestel kan word nie en wat noodsaaklik is sodat bedrywighede ná die
inperking hervat kan word.
Wat is toe?
- Winkelsentrums (met die uitsondering van winkels wat kos en noodsaaklike goed verkoop)
- Restaurante
- Enige plek wat drank verkoop (insluitend drankwinkels)
- Kerke
- Gimnasiums
- Sportklubs
- Parke
- Openbare swembaddens
- Vakansie-oorde
- Strande
- Vlooi- en ander markte
- Basaars
- Casino's
- Hotelle, lodges en gastehuise
- Fliek- en ander teaters
- Nagklubs
- Taxistaanplekke
- Lughawens
- Treinstasies