Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Waterfront-tak van Edgars maak sy deure toe

Die Edgars-tak in die Victoria & Alfred Waterfront in Kaapstad gaan nie weer sy deure oopmaak nie.

Edcon
Verbruikers stap verby 'n toe Edgars-tak tydens die inperking toe klerewinkels nie klere mag verkoop het nie. Foto: Nellie Brand-Jonker

Growthpoint, wat 50% van die Waterfront besit, skryf in sy resultatevoorlegging vir die jaar tot einde Junie die ruimte wat Edgars beslaan, “sal vakant wees, aangesien ’n ooreenkoms nie met die nuwe eienaars gesluit is nie”.

Edgars is in September deur die firma Retailability, wat ook Legit besit, gekoop. Retailability sou egter net lewensvatbare Edgars-winkels koop, asook dié wat as “marginaal” beskryf word en met heronderhandelde huurkontrakte lewensvatbaar sou kon wees.

Die winkel in die Waterfront is 4 500 m² groot en beslaan twee verdiepings. Edcon se sakeredders het die winkel op sy lys “lewensvatbare” Edgars-takke gehad.

kleinhandel
’n Leë wandelgang in Kaapstad se V&A Waterfront-winkelsentrum tydens die nasionale inperking. Foto: Jaco Marais

Estienne de Klerk, uitvoerende hoof van Growthpoint se Suid-Afrikaanse bedrywighede, het Woensdag in ’n aanlyn voorlegging oor die groep se resultate gesê Retailability het wel die huurkontrak probeer herbeding, maar die Waterfront se bestuur het besluit om dit nie te aanvaar nie.

Growthpoint word by al sy winkelsentrums R120 miljoen in agterstallige huur geskuld, waarvan Edcon R45 miljoen verteenwoordig.

Edcon se ander groot winkel, Jet, is onlangs aan TFG, eienaar van onder meer Foschini, Donna, Totalsports en American Swiss, verkoop.

Growthpoint het altesame 88 680 m² wat deur Edcon-winkels beset word. Daarvan het hy het al huurooreenkomste vir 79 723 m² met die nuwe eienaars gesluit. Van die 8 957 m² waaruit Edcon moet onttrek, is 1 500 m² reeds weer verhuur.

Meer oor:  Edcon  |  Tfg  |  V&A Waterfront  |  Jet  |  Retailability  |  Growthpoint  |  Edgars  |  Waterfront  |  Kleinhandel  |  Klerekleinhandel  |  Winkelsentrums
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.