Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Watter bank bied die beste aanlyn bankdienste?
k

Suid-Afrikaners blyk steeds die meeste tevrede te wees met FNB se digitale bankdienste, het InSites Consulting in sy jaarlikse peiling bevind.

Dié konsultasiefirma vra elke jaar ’n groep Suid-Afrikaners om al die vernaamste banke te bepunt op grond van hul digitale aanbod, insluitend die bank se app en webtuiste.

Suid-Afrikaners is steeds die meeste tevrede met FNB se digitale bankdienste. Foto: Unsplash

Volgens die jongste peiling het FNB ’n gemiddelde punt van 81 uit 100 ontvang. Capitec is in die tweede posisie met 78, gevolg deur die nuweling TymeBank met 74.

FNB is al voorheen as die beste digitale bank gereken.

InSites Consulting stel reeds die afgelope nege jaar dié lys van gewildste digitale banke saam.

Kliënte word gevra om die onderskeie banke se apps en webtuiste te beoordeel aan die hand van ’n verskeidenheid faktore, insluitend gebruikersvriendelikheid en waargenome sekuriteit.

In vanjaar se peiling is veral Capitec se app en webtuiste geloof vir die gebruikersvriendelikheid daarvan, terwyl FNB se waargenome sekuriteit ook hoog op prys gestel is.

TymeBank, een van Suid-Afrika se eerste volkome digitale banke sonder enige fisieke takke, maak sy eerste verskyning op InSites se lys.

Die bank se webtuiste en app is ook geprys vir die gebruikersvriendelikheid daarvan, sowel as die waargenome sekuriteit.

FNB en Capitec was in 2019 die gesamentlike wenners in InSites se peiling. Albei dié banke het toe ’n algehele punt van 79 ontvang, wat beteken FNB se punt het vanjaar gestyg en Capitec s’n het effens gedaal.

Giuseppe Virgillito, hoof van digitale bankkanale by FNB, sê die bank streef deurlopend daarna om kliënte se ervaring op sy app en webtuiste te verbeter.

“Ons volgehoue belegging in digitale bankkanale stel kliënte in staat om voort te gaan om die voordele van ’n eenvoudiger en veiliger manier van banksake doen, te geniet.”

Nedbank se digitale bankdienste het volgens die jongste peiling met sewe punte verbeter in vergelyking met verlede jaar. Dié bank ontvang nou ’n punt van 72, teenoor 65 ’n jaar gelede.

Nedbank het deur die loop van 2019 sy oudmodiese bank-app met ’n nuwe, moderne app vervang en sy platform vir internetbankdienste is ook heeltemal herontwerp en gemoderniseer.

Standard Bank en Absa trek steeds aan die agterspeen wat tevredenheid met digitale bankdienste betref. Dié banke is weer die laagste bepunt met ’n punt van onderskeidelik 66 en 61.

Meer oor:  Nedbank  |  Fnb  |  Tymebank  |  Capitec  |  Standard Bank  |  Absa  |  Banke  |  Bankbedryf  |  Tegnologie  |  Apps
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.