Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
WBHO konkel nié met FNB-stadium se pad

WBHO gaan nie vervolg word oor tenderknoeiery vir die konstruksie van ’n stuk pad naby die FNB-stadion in Johannesburg nie.

Die FNB-stadion in Johannesburg.

Die Mededingingstribunaal het ’n klag teen WBHO van die hand gewys.

Die Mededingingskommissie ondersoek sedert 2006 die konstruksiebedryf vir samespanning vir die tenders vir die 2010 Wêreldbeker-sokkerstadions. Verskeie firmas, soos Group Five, het intussen met die kommissie geskik oor die stadions self.

Daar is volgens die tribunaal geen aanduiding van samespanning vir die pad nie.

In die kommissie se klagte beweer hy dat WBHO en Group Five onwettig vergader het om die besonderhede van die tender te bespreek en saam te span om dit in hul guns te wysig. Die tender is deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) uitgereik.

WHBO getuig dat die vergadering, in Julie 2006, as deel van die Suid-Afrikaanse Federasie van Siviele Ingenieurskontrakteurs (Safcec) geskied het om duidelikheid oor sekere aspekte van die tender te soek.

Die tribunaal sê dat die kommissie geen bewyse van enigiets meer as wat die WBHO weergee oor die vergadering kon vind nie.

“Daar kan wel situasies wees waar die bywoning van so ’n vergadering om die probleme wat partye met ’n tender het, bespreek word, as onwettig beskou kan word, maar die feite van hierdie saak ondersteun nie so ’n gevolgtrekking nie,” sê die Mededingingstribunaal in sy verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.