Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Weerstand teen e-tol knou Sanral steeds

Die voortslepende weerstand teen die betaling van e-tol, tesame met sy afhanklikheid van staatsteun, is slegte nuus vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral).

Die feit dat baie Gautengers steeds weier om e-tol te betaal, beteken maar net die regering moet meer geld vir Sanral gee.

Moody’s Investors Service het Sanral pas tot drie vlakke onder beleggingsgraad, Ba3 op sy skaal, afgegradeer. Dis een vlak onder die staat se nuwe gradering van Ba2.

Die afgradering is deel van die standaardproses nadat Moody’s die land afgegradeer het. Almal van banke en versekeraars tot munisipaliteite en staatsondernemings loop deur. Tot dusver het slegs die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) danksy sy sterk balansstaat ’n afgradering vrygespring, asook Mangaung (Bloemfontein), omdat dié reeds so laag gegradeer is dat ’n verdere afgradering as onnodig beskou is.

Moody’s wys daarop dat Sanral heeltemal afhanklik is van die regering en daarom sal sukkel om sy skuld terug te betaal indien die regering drasties moet besuinig.

Veral steun vir die Gauteng-snelwegverbeteringsprojek (GFIP) is ’n bron van kommer omdat die projek homself nie deur e-tol betaal nie. “Sanral ervaar steeds weerstand teen die GFIP van padgebruikers en maatskaplike groepe, wat bydra tot die agentskap se swak kontantvloeiposisie.”

Die regering besit 100% van Sanral en waarborg 81% van Sanral se totale skuld. Daar is ’n kruiswanbetalingsklousule op die 19% van skuld wat nie gewaarborg is nie. Dit beteken as Sanral ’n wanbetaler op dié skuld word, word hy outomaties beskou as ’n wanbetaler op al sy skuld, en dus behoort die staatswaarborge in te skop om alle leners te beskerm.

Die vooruitsig op Sanral se gradering word negatief gehou, soos dié van Suid-Afrika.

Meer oor:  Moody's  |  Sanral  |  Staatsondernemings  |  Tolpaaie  |  Paaie  |  Infrastruktuur  |  E-Tol  |  Gfip
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.