Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Staking by banke dalk nog afgeweer

As jy dié week banksake moet doen, probeer om dit vóór Vrydag af te handel of om dit oor die internet of jou bank se app te doen.

Die vakbond vir die banksektor, Sasbo, gaan voort met ’n beplande staking Vrydag uit protes teen die manier waarop banke herstruktureer. Dit sluit in die spoed waarteen fisieke takke gesluit en mense afgelê word.

Daar is wel sprake dat die staking afgeweer sal kan word. Die arbeidshof in Johannesburg lewer Woensdag uitspraak in ’n aansoek om ’n interdik teen die staking.

LEES OOK: Só sluit banke hul takke die afgelope 5 jaar

Die hoofkantoor van drie van die vier grootste banke in die land in Johannesburg. Foto: Reuters

Joe Kokela, hoofsekretaris van Sasbo, het voorheen gesê tussen 30 000 en 40 000 mense gaan aan die staking deelneem. Nagenoeg die helfte van die stakende werkers is in Gauteng.

Intussen het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) Maandag gewaarsku dat die staking ’n uitwerking op betalings aan en van die SAID kan hê.

Belastingbetalers word daarom aangemoedig om teen Woensdag alle betalings aan die SAID te doen.

Netwerk24 wag op banke se individuele reaksie op hoe hulle vir die staking voorberei en sal dit bywerk soos dit ontvang word.

FNB se reaksie

  • FNB sê die bank het gebeurlikheidsplanne opgestel om te probeer verseker dat sy dienste nie deur die staking ontwrig word nie.
  • Die bank doen ook ’n beroep op kliënte om Vrydag hul banksake deur die FNB-app, kitsbanke, aanlyn en selfoonbankdienste te doen.
  • Die bank sê hy ondersteun die bedryf se pogings om vriendskaplike oplossings te vind vir die probleme wat die vakbond opper.

Nedbank se reaksie

Deb Fuller, groephoof van mensehulpbronne by Nedbank, sê die bank het alle nodige voorsorg getref om die ontwrigting vir kliënte en personeel te verminder en te verseker dat alle dienste kan voortgaan.

Die bank verwag nie groot ontwrigting aan sy bedrywighede nie, maar sommige takke kan minder mense aan diens het.

Kliënte word aangemoedig om kitsbanke en digitale platforms te gebruik, wat ten volle op dreef sal bly.

Nedbank verseker ook dat hy “konstruktief” met Sasbo in gesprek bly oor hul kommer oor werkverliese. “Werkverliese is altyd ons laaste opsie soos ons ons bank aanpas by die veranderende behoeftes van ons kliënte, wat toenemend digitale platforms vir hul finansiëledienste-behoeftes gebruik.”

Standard Bank se reaksie

Standard Bank sê hy het gebeurlikheidsplanne gereed en sal sy kliënte inlig indien daar enige impak op hul bankbedrywighede kom.

“Kliënte word aangemoedig om enige van die  bank se veelvuldige digitale kanale te gebruik, insluitend die bank-app, internetbankdienste, USSD en kitsbanke.”

Meer oor:  Bankstaking  |  Banke  |  Bankbedryf  |  Staking  |  Sasbo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.