Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Wêreldbekende sirkus in sakeredding weens virus
Cirque du Soleil is bekend vir sy kunstenaars wat waaghalsige toertjies doen. Foto: Bloomberg

Die wêreldbekende Cirque du Soleil is in sakeredding.

Die maatskappy wat in Montreal, Kanada, gesetel is, het Maandag in ’n verklaring gesê dat hy geen ander keuse gehad het as om vrywillig in sakeredding te gaan nie.

Die maatskappy sê hy gaan onmiddellik aansoek doen dat dié besluit ook in die VSA erken word. Cirque du Soleil bied verskeie optredes in Las Vegas, Nevada, en Orlando, Florida, aan die VSA aan.

Die vermaaklikheidsgroep sê in die verklaring dat hy reeds in gesprek is met van sy huidige aandeelhouers om ’n totaal van $320 miljoen in die maatskappy te belê om dit te herstruktureer en weer aan die gang te kry. Die aandeelhouers sluit TPG, Fosun en Caisse de Dépôt en Placement du Québec in.

Daniel Lamarre, president en uitvoerende hoof van Cirque du Soleil, sê die maatskappy was die afgelope 36 jaar wat hy in bedryf was baie suksesvol en winsgewend. Die staat van inperking in Kanada en die VSA weens die Covid-19-pandemie het hom egter sonder enige inkomste gelaat.

Die maatskappy sê hy moes reeds sowat 3 480 werknemers uit diens stel. Die werknemers by vertonings wat op ’n permanente basis in Las Vegas en Orlando gehou word se poste is egter nié geraak nie. Die verwagting is dat hulle eerste sal begin werk sodra die staat van inperking in die VSA opgehef word.

Bloomberg berig dat die maatskappy aanvanklik sowat 1 000 werknemers in diens sal hê. Hiervan is 700 in Las Vegas gesetel.

Die maatskappy het kort voordat vertonings weens die virus gestaak is, vertonings by die Mirage-, die Mandalay Bay-, die Treasure Island-, MGM Grand- en Bellagio-hotelle in Las Vegas aangebied.

Die Las Vegas-vertonings het in 2019 sowat $400 miljoen van die sirkus se totale inkomste van $1 miljard verdien.

Lamarre het aan dié nuusdiens gesê dat hulle hoop om weer in 2021 op toere te gaan, afhangend van wat die wêreldwye situasie met die virus is.

CNN Business berig dat Cirque du Soleil se skuld sowat $1 miljard beloop.

Cirque du Soleil, met sy akrobate wat waaghalsige toertjies in skouspelagtige kostuums doen, het Suid-Afrika laas in 2012 besoek.

Meer oor:  Cirque Du Soleil  |  Las Vegas  |  Kanada  |  Covid-19  |  Sirkus  |  Sakeredding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.