Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Werk van huis af bly hupstoot vir dekorfirmas

Oos wes, tuis bes! Suid-Afrikaners belê steeds volstoom in hul huise, ondanks die enorme druk waarin die Covid-19-krisis baie verbruikers gedompel het.

Suid-Afrikaners bestee steeds meer geld om hul wonings op te gradeer. Foto: iStock

Italtile, wie se filiale onder meer vloerbedekkings, badkamerprodukte en ligte verkoop en teëls en badkamerprodukte vervaardig, het in ’n handelsverklaring stewige verkoopsgroei vir die vyf maande vanaf 1 Julie tot 30 November bekend gemaak.

Verkope in die groep se winkels – CTM, Italtile, TopT en U-Light – het met altesaam 16,4% teenoor dieselfde vyf maande in 2019 gegroei. Vergelykbare groei, dus in winkels wat ook in die vorige jaar oop was, was ook stewig hoër op 14,9%.

Vervaardigingsverkope deur Ceramic Industries en Ezee Tile het met 16% gestyg. Dié maatskappye vervaardig produkte sowel vir verkoop in die groep se winkels as op bestelling aan ander handelaars in die bedryf.

Italtile sê die sterk verkoopsgroei kan steeds toegeskryf word daaraan dat meer mense van die huis af werk, wat die vraag na huisverbeteringsprodukte die hoogte laat inskiet het.

Verbruikers wat wel hul werk behou het, het meer geld in hul sak gehad, deels danksy laer rentekoerse en betaalvakansies wat die banke toegestaan het. Daarmee saam het mense se besteding aan brandstof, reis, vermaak soos uiteet, fliek, sportbyeenkomste en musiekkonserte, en selfs klere gedaal.

Intern glo die groep sy plaaslike en geïntegreerde verskaffingsketting het konsekwent verseker dat hy ’n wye produkreeks in voorraad het. Die bestuur hou ook aan om verbruikers se koopervaring te probeer verbeter.

Die groep sê hy is redelik seker sy verdienste en wesensverdienste per aandeel vir die hele eerste helfte van sy boekjaar, tot einde Desember, sal minstens 20% hoër wees as in die ses maande tot Desember 2019. Genoteerde maatskappye moet die mark inlig sodra hulle dit kan sê.

Italtile wys wel op die onvoorspelbaarheid met verkope wat die Covid-19-pandemie meegebring het en sê hy sal die mark op die hoogte hou sodra daar groter sekerheid oor sy syfers is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.