Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Wesgro lok R10,73 mjd. na Wes-Kaap
Tafelberg vanaf die V&A Waterfront gesien.Foto: Argief

Die agentskap wat handel met die Wes-Kaap bevorder, Wesgro, sê hy het die afgelope jaar ’n stewige R10,73 miljard na dié provinsie gelok.

Dit is gedurende die 2018-’19-boekjaar.

David Maynier, Wes-Kaapse minister van finansies en ekonomiese geleenthede, het Wesgro geluk gewens met dié prestasie.

Maynier sê benewens die beleggings het Wesgro ook gehelp om 3 938 nuwe werkgeleenthede in die provinsie te skep.

“Dit is ongelooflike werk en ek wil Tim Harris (uitvoerende hoof) en sy span by Wesgro gelukwens met hul prestasie.

“Ons sal natuurlik voortgaan om hard te werk om ’n omgewing vir die private sektor en markte te skep om ekonomiese groei en werkskepping in die Wes-Kaap aan te wakker,” sê Maynier.

Meer oor:  Wesgro  |  David Maynier
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.