Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Wiele kom af by Continental in PE

Continental se fabriek in Port Elizabeth gaan tot 170 mense aflê omdat die maatskappy nie meer plaaslik bande gaan vervaardig vir voertuie wat in die myn- en landbou gebruik word nie.

Continental gaan nie meer bande vir mynvoertuie in Suid-Afrika vervaardig nie. Foto: Continental

Dié besluit is deel van die internasionale herstrukturering van die groep.

Die maatskappy het reeds met ’n art. 189-proses ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge begin.

Die 170 werknemers wat deur die besluit beïnvloed word, is op 7 Junie daaroor ingelig.

Die maatskappy sê hy gaan steeds bande vir ligte handels- en passasiersvoertuie in Suid-Afrika vervaardig.

Marius Croucamp, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, sê die aankondiging verbaas hom nie.

“Dié afleggingsproses kan toegeskryf word aan die voortdurende en volgehoue daling en onsekerheid in die Suid-Afrikaanse mynbedryf.”

Meer oor:  Continental  |  Motorbedryf  |  Landbou  |  Vervaardiging  |  Mynbou  |  Bande
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.