Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Wiese se Brait soek glo koper vir Virgin Active
Die beleggingsgroep Brait besit die grootste belang in Virgin Active.

Die beleggingsgroep Brait, waarin Christo Wiese die grootste belang het, beoog om ’n deel van sy belang in Virgin Active te verkoop, volgens Sky News.

Sky News berig Brait het die beleggingsbank Morgan Stanley aangestel om ’n koper vir ’n minderheidsbelang in Virgin Active te soek.

Bronne het gesê Brait ondersoek ’n aantal opsies en die waarskynlikste uitslag sal wees om ’n belang aan ’n pensioenfonds of staatspensioenfonds te verkoop.

Sir Richard Branson het nog ’n belang van nagenoeg 18% in Virgin Active.

LEES OOK: Virgin Active: Net 1 uit 4 pomp saam met ander lede

Netwerk24 het in Junie berig Virgin Active verteenwoordig vanjaar vir die eerste keer meer as die helfte (53%) van die netto batewaarde van Brait.

Brait besit 72% van die gimnasiumgroep. Dis teenoor 43% ’n jaar gelede.

Meer oor:  Brait  |  Virgin Active  |  Christo Wiese  |  Richard Branson
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.