Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Wiese se Invicta verlaag sy skuld
Die soort materiaalhanteringstoerusting wat Invicta se ingenieursoplossings-afdeling verkoop.

Invicta, die nywerheidsgroep waarvan die sakemagnaat Christo Wiese die voorsitter is, het dwarsdeur die Covid-19-pandemie by sy strategie gehou om sy skuldvlakke te verlaag en sy strukture te vereenvoudig.

Invicta het in die halfjaar tot einde September sy wesensverdienste met 15% tot R1,72 verhoog, in teenstelling met die meeste ander maatskappye wat in dié tyd laer verdienstes of groter verliese aangeteken het.

Invicta se netto kontantbalans was teen einde September selfs hoër as ’n jaar gelede op R1,5 miljard.

Die maatskappy, wat ingenieursoplossings en kapitaaltoerusting verkoop, asook ’n belegging in die nywerheidsgroep KAG in Singapoer het, het sy skuld-tot-aandele-verhouding van 55% teen die einde van sy vorige boekjaar in Maart tot 34% teen einde September verlaag.

Steven Joffe, uitvoerende hoof, gee toe sy omset uit voortgesette bedrywighede was 18% laer op R3,6 miljard, en bruto wins het met 21% tot R1,1 miljard gesak. Maar die wins vir die tydperk, wat gestaakte bedrywighede insluit, het met 8% tot R224 miljoen gegroei. Daar was wel eenmalige koste van R33 miljoen vir die aflegging van personeel.

Joffe verduidelik sy ingenieursafdeling het vinnig en doeltreffend aangepas toe die Covid-19-inperking begin het, en moeilike besluite moes geneem word om oorhoofse koste en kapitaalbesteding te sny.

Invicta het besluit om 3 miljoen aandele aan Joffe uit te reik. Die besluit is op 27 November op ’n aandeelhouersvergadering goedgekeur.

Geen halfjaardividend is verklaar nie.

Sy kapitaaltoerusting-afdeling bestaan uit handelaars in landbou- en mynboumasjinerie soos trekkers van Massey Ferguson, Landini, John Deere en Case, en konstruksiemasjinerie van Case, Hyundai Heavy Industries, en Doosan van Suid-Korea.

Sy ingenieursafdeling verskaf onderdele en komponente vir ratkaste, elektriese motore, vervoerbande en ander ingenieurstoerusting en materiaalhanteringstoerusting.

Meer oor:  Invicta  |  Christo Wiese  |  Resultate  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.