Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Wiese se taks-bom ‘net’ miljoene, nie miljarde

Christo Wiese word in hofstukke in die Wes-Kaapse hooggeregshof betrek by ’n skema wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) ’n “ingewikkelde belastingontduikingskema” noem.

Die SAID wil R3,7 miljard se agterstallige belasting en die rente daarop van die maatskappy Tullow Oil verhaal, maar net R217 miljoen daarvan word voor die deur van Wiese en nog drie individue gelê, berig die Financial Mail.

Die artikel is geskryf deur Craig McKune en Sam Sole van die amaBhungane-sentrum vir ondersoekende joernalistiek. Dis nou ook aanlyn op amaBhungane.

Lees dit hier: Christo Wiese, Tullow Oil and ENS’s tax dodging services

Christo Wiese se beleggingsbeheerfirma Titan word genoem in hofstukke van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens oor beweerde belastingontduiking.

Die hofsaak betrek die regsfirma ENS Africa en die multinasionale oliefirma Tullow Oil in ’n herstruktureringstransaksie waardeur Tullow Oil glo R3,9 miljard se bates landuit geneem het sonder om kapitaalwinsbelasting daarop te betaal.

Die transaksie dateer terug na 2007.

Wiese se beleggingsbeheerfirma Titan word ook by die skema betrek, asook ’n dopmaatskappy bekend as Elandspad Investments.

Volgens die Financial Mail ontken Wiese dat hy belasting ontduik het.

Wiese kon nog nie vir kommentaar bereik word nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.