Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Wiese twyfel of Steinhoff as naam gered kan word
Christo Wiese

Steinhoff as maatskappy of sy filiale kan straks die storm oorleef, maar kenners is skepties of die naam sal bly voortbestaan.

“Nee wat, ek dink daar is geen kans dat die Steinhoff-handelsmerk gered kan word nie,” het Christo Wiese, voormalige voorsitter van Steinhoff se direksie, Woensdag in die tweede deel van Via se dokumentêre program oor die Steinhoff-sage gesê.

Wiese sê die feit dat Steinhoff Africa Retail (Star) sy naam onlangs terug verander het in Pepkor – verreweg die grootste filiaal in die groep – wys dat die naam Steinhoff sy waarde verloor het.

“Die Steinhoff-handelsmerk is toksies. Dit word met bedrog verbind, en jy herstel nie van bedrog nie,” meen Magda Wierzycka, uitvoerende hoof van die batebestuursmaatskappy Sygnia.

Die program word weer Sondag 16 September om 18:00 uitgesaai. Dit sal ook volgende week op Netwerk24 gelaai word, waar lesers reeds die eerste deel kan sien.

KYK NOU: Die eerste deel van Via se Steinhoff-dokumentêr

Rob Rose, redakteur van Financial Mail, sê Steinhoff sal kan oorleef, mits alles nou reg verloop. Dit sluit onder meer in dat banke bereid sal moet wees om oor Steinhoff se skuld te onderhandel, byvoorbeeld deur hul skuld vir aandele te verruil.

Rose sê die beste moontlike uitkoms uit die forensiese ondersoek is as bevind word die bedrog, of ten minste die “rekenkundige onreëlmatighede”, is net tot ’n sekere groep maatskappye beperk “en het nie alles besoedel nie”.

“As iemand vir my ’n jaar gelede sou gesê het dat iets soos Steinhoff moontlik is, ten opsigte van die bewerings, dan sou ek gedink het daai persoon rook iets,” sê Wiese.

  • Netwerk24 en Via is albei produkte van Media24.
Meer oor:  Steinhoff  |  Markus Jooste  |  Christo Wiese
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.