Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Wimpy-groep se Britse restaurante in administrasie

Gourmet Burger Kitchen (GBK) gaan in administrasie geplaas word.

Famous Brands besit onder meer Wimpy, Steers en Mugg & Bean.

Dit beteken dié Britse restaurante, wat Famous Brands in 2016 ten duurste gekoop het, gaan bes moontlik nie oorleef nie.

Famous Brands, wat ook onder meer Wimpy, Steers en Mugg & Bean besit, het reeds in April aangekondig dat hy nie meer finansiële steun aan GBK gaan verskaf nie.

Famous Brands het GBK in 2016 vir R2,1 miljard gekoop, maar die restaurante het sedert 2018 nie wins gemaak nie. Famous Brands het reeds die volle waarde van sy belegging in GBK afgeskryf.

Die administrateurs wat oor GBK aangestel is, moet nou op die pad vorentoe besluit om die krediteure te kan betaal, maar daar is ’n sterk moontlikheid dat die onderneming en sy bates verkoop gaan word.

Die onderneming is al meer as ’n jaar in sakeredding.

Verskeie redes is al gegee vir GBK se probleme: Die trae Britse ekonomie, duur huurkontrakte wat verhuurders nie wou heronderhandel nie, en ook dat Britte al hoe meer kos aanlyn bestel eerder as om in restaurante te gaan eet. GBK se burgers, wat langer neem om te maak, leen hom ook nie tot kitsaflewering nie.

Meer oor:  Steers  |  Wimpy  |  Famous Brands  |  Gourmet Burger Kitchen  |  Maatskappye  |  Restaurante  |  Kitskos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.