Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Winkels: Wie is wanneer oop en wat word verkoop?
Een van Pick n Pay se winkels in Johannesburg.Foto: Getty Images

Supermarkte oor die hele land was Vrydag, die eerste dag van die nasionale staat van inperking, oop.

Inkopies aanlyn van goedere wat deur die regering as noodsaaklik beskou word, kon ook voortgaan, hoewel supermarkte almal ’n agterstand met die aflewering daarvan ondervind.

Fisieke winkels mag ook nie items verkoop wat nie as noodsaaklik beskou word nie.

Dit beteken handelaars soos Pick n Pay en Woolworths mag tydens die staat van inperking nie enige klere verkoop nie, al is die klere in dieselfde winkel as die kos beskikbaar.

Drank en sigarette is ook nie beskikbaar totdat die staat van inperking op 16 April afgestel word nie.

Game en Makro is ook tydens die staat van inperking in bedryf, maar mag ook net sekere items verkoop.

Siende dat die items van die Builders-winkels as nie-noodsaaklik beskou word, het ’n woordvoerder van Massmart, dié winkelgroep se moedermaatskappy, bevestig dat alle Builders-winkels gesluit is.

Wat mag ek koop, en wat nie?

Die volgende lys items sal te koop wees in enige supermark wat gedurende die staat van inperking oop is.

  • Enigiets wat jy kan eet of drink, insluitend lekkergoed en gaskoeldranke
  • Toiletware soos seep, tandepasta en sjampoe
  • Plantsaad en bolle
  • Babaprodukte
  • Batterye en gloeilampe
  • Skoonmaakmiddels
  • Koerante (maar nie tydskrifte nie)
  • Skryfbehoeftes
  • Houtskool, vuurmaakhout, vuuraanstekers, vuurhoutjies
  • Paraffien en brandspiritus

Dié items wat in baie supermarkte beskikbaar is, mag vir drie weke nie aangeskaf word nie:

  • Enige vorm van drinkbare alkohol
  • Sigarette en tabak
  • Tydskrifte
  • Klere
  • Toerusting, waaronder skroewe, spykers, verf en dies meer
  • Toestelle soos broodroosters, ketels, mikrogolfoonde, televisies

As enige van dié items aanlyn bestel word, sal dit eers ná die staat van inperking afgelewer word.

Is winkels se ure nog dieselfde?

Die meeste supermarkte sal vir verkorte ure oop wees. In die meeste gevalle sal ’n supermark in die week om 18:00 en oor naweke om 16:00 sluit, met enkele uitsonderings.

Die meeste supermarkte se deure open soggens om 08:00.

Alle Pick n Pay Hypermarkets maak eers om 09:00 oop op weekdae en Sondae, en om 08:00 op Saterdae.

Wat gebeur as items nie beskikbaar is nie?

Woolworths, Pick n Pay en Shoprite het reeds waarskuwings uitgereik waarin verbruikers afgeraai word om in ’n paniek meer kos te koop as wat nodig is.

As ’n spesifieke item egter nie in voorraad in jou plaaslike supermark is nie, keer later terug.

Al die groot handelaars het die versekering gegee dat hulle genoeg voorraad in hul onderskeie pakstore het en dat dit net tyd sal neem om dit op die winkelrakke uit te pak.

Verbruikers wat vermoed dat enige winkel die prys van noodsaaklike items in hierdie tyd opstoot, kan die betrokke winkel by die Mededingingskommissie of die Verbruikerskommissie verkla.

Meer oor:  Koronavirus  |  Virus  |  Winkels  |  Supermarkte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.