Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Wit olifant aan Weskus maak Motsepe-firma seer

Die Elandsfontein-fosfaatmyn naby Langebaan aan die Weskus is nie net ’n doring in die vlees vir omgewingsbewustes nie, maar ook vir sy aandeelhouers.

Die Elandsfontein-fosfaatmyn naby Langebaan in die Wes-Kaap. Foto: Elvira Wood

Dié myn, wat nog nooit in bedryf gestel is nie, het die mynmagnaat Patrice Motsepe se African Rainbow Capital (ARC) die afgelope boekjaar R480 miljoen aan waardevermindering gekos, blyk uit ARC se resultate vir die boekjaar tot einde Junie.

ARC het Donderdag in ’n verklaring gesê sy ARC-fonds (waarin sy portefeulje van beleggings gehou word) moes weens vertragings by die myn ’n 75%-waardevermindering op dié belegging by sy state insluit.

Die ARC-fonds het $32 miljoen in Kropz belê toe dié in November 2018 op die Londense aandelebeurs genoteer het. Kropz besit Elandsfontein in Suid-Afrika asook belange in die Republiek van die Kongo (Brazzaville) en Ghana.

Nadat die fosfaatprys internasionaal erg gedaal het, word daar word nie fosfaat in die myn ontgin nie. Fosfaat word gebruik in die vervaardiging van kunsmis.

Die myn is ook besig om sy prosesse te hersien om te verseker dat dit fosfaat optimum kan ontgin wanneer die myn weer in bedryf gestel word.

Daarby word die myn daarvan beskuldig dat hy ernstige skade aan die omgewing – en spesifiek aan die strandmeer by Langebaan – aanrig.

Hy is ook in ’n regstryd gewikkel oor die geldigheid van sy waterlisensie. ARC sê in die verklaring dat dié saak, wat op Woensdag 11 September voor die Watertribunaal sou dien, uitgestel is.

TymeBank

ARC besit sedert November 2018 ’n volbelang in die digitale TymeBank.

ARC sê TymeBank het teen 30 Junie 2019 sowat 500 000 kliënte gehad. Net 40% van die rekeninge wat oopgemaak is, is egter aktief.

ARC se aandeel het Donderdagoggend 1,5% hoër teen R4,15 op die JSE verhandel.

Vaar swakker as verwag

Die moeilike ekonomiese toestande in Suid-Afrika het ook sy merk op ARC gelaat.

Die intrinsieke waarde van sy portefeulje het met 2,4% tot R9,34 per aandeel gestyg, terwyl ARC ’n styging van 16% verwag het.

ARC sê hy verwag dat politieke onsekerheid nog ’n geruime tyd druk op die ekonomie gaan plaas.

Meer oor:  Arc  |  Tymebank  |  African Rainbow Capital  |  Elandsfontein  |  Banke  |  Mynbou  |  Bankbestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.