Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Woolies kan plek-plek eers ná inperking kos aflewer
South Africa Johannesburg Rosebank The Zone Mall W
Woolworths sukkel om voor te bly met aanlyn bestellings van kruideniersware. Foto: Getty Images

Woolworths kan nou in sommige dele van die land eers ná die staat van inperking kruideniersware aflewer weens die “ongekende vraag” in die laaste paar dae.

Een Kapenaar met wie Netwerk24 gesels het, sê sy wou Maandagoggend kruideniersware op Woolworths se webtuiste bestel, maar het toe gesien haar kos sou eers op 22 April afgelewer kon word.

Kopers op Woolworths se webwerf word ingedeel in tydgleuwe vir die aflewering van hul kruideniersware, en in normale omstandighede word die ware binne ’n dag of twee afgelewer.

Weens die staat van inperking wat tans geld, het Woolworths egter ’n enorme toename in bestellings ontvang, sê ’n woordvoerder.

“Ons werk dag en nag om bestellings onder moeilike omstandighede af te lewer,” sê Woolworths.

Dit sluit in regulatoriese veranderinge wat bepaal wat klante mag en nie mag bestel nie, sowel as beperkings op die tye van die dag wat afleweringsvoertuie op die pad mag wees.

Die woordvoerder gee toe dit lei tot ’n vertraging in hoe gou aflewerings kan plaasvind, en dat sommige kopers nou eers hul bestelling ná die staat van inperking sal ontvang.

“Dit geld egter nie in alle gebiede nie,” sê sy.

Dit is ook nie so eenvoudig soos om nog werknemers aan te stel of om bykomende afleweringsvoertuie te bekom nie.

Die winkelgroep benodig meer koelkamers om sy produkte vars te hou, sowel as meer mense wat dit verpak.

Dit stel hierdie werknemers in gevaar aangesien hulle nie ’n veilige afstand van mekaar kan handhaaf nie, sê sy.

“Ons wil ons klante bedank vir hul geduld en ondersteuning in hierdie tyd, asook ons fantastiese personeel.”

Woolworths se fisieke takke is steeds tydens die staat van inperking oop. Die winkelgroep het ’n perk geplaas op hoeveel van sekere produkte klante op ’n gegewe oomblik kan koop. Dié reëling geld sowel aanlyn as in sy fisieke winkels en sluit produkte soos toiletpapier en handreiniger in.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.