Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Woolworths blaas aftog in Ghana

Woolworths het ook nou die aftog geblaas in Ghana en sy twee klerewinkels daar gesluit.

Woolworths
Die klerekleinhandelaar Woolworths het besluit om sy takke in Ghana te sluit.

Dit is ses jaar nadat hy hom aan nog ’n land in Wes-Afrika, Nigerië, onttrek het weens hoë huurkoste, invoertariewe en probleme met sy verskaffingsketting.

“Die besluit om die winkels in Ghana te sluit kom nadat ons bevind het die lang bestelling-tot-afleweringstyd en die tropiese klimaat het die onderneming daar nie meer kommersieel volhoubaar gemaak nie,” het ’n woordvoerder by navraag gesê.

Volgens Woolworths het hy nog in 10 lande in die res van Afrika winkels. Die lande is Botswana, Namibië, Lesotho, Swaziland, Mosambiek, Mauritius, Tanzanië, Uganda, Kenia en Zambië.

In die jaarverslag tot einde Junie 2018 het Woolworths gesê hy het 86 winkels in die res van Afrika gehad.

Dit was een minder as die vorige boekjaar. Einde Junie 2015 het die groep 91 winkels gehad.

“Die Oos-Afrika-streek het steeds die vinnigste groeiende ekonomieë. Ons verwag dat ons grootste geleenthede vir groei uit die lande gaan kom, veral Kenia en Mauritius.

 Ghana
Die amptelike landsvlag van Ghana in Wes-Afrika.

Ons fokus in die res van Afrika was om sake in Suider-Afrika te konsolideer waar ons gefokus het daarop om winkels uit te brei; op te knap; te verskuif na beter liggings en om vlagskipwinkels te skep.”

Bloomberg het eerste berig die winkels sluit in Ghana. Volgens Bloomberg het Woolworths te kenne gegee hy ervaar nog “gesonde groei” in die meerderheid van die ander lande in die res van Afrika waar hy bedrywig is.

Suid-Afrikaanse winkelgroepe en restaurante het wisselende resultate gelewer in Ghana – selfs al het die land ’n lewendige ekonomiese groei. Ghana se ekonomie gaan na verwagting vanjaar teen 6,8% groei – die derde agtereenvolgende jaar waarin dié groei behaal word.

Sedert 2017 het Truworths en Famous Brands daar winkels gesluit.

Massmart en Shoprite het egter meer winkels geopen.

Meer oor:  Massmart  |  Truworths  |  Shoprite  |  Woolworths  |  Famous Brands  |  Afrika  |  Ghana  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.