Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Woolworths-filiaal huur nou net sy grootste winkel
Die David Jones-afdelingswinkel in Elizabethstraat, Sydney. Foto: David Jones

Die afdelingswinkel David Jones is voortaan slegs die huurder van sy eerste en grootste winkel, die ikoniese Elizabethstraat-gebou in Sydney.

Woolworths, wat David Jones besit, het Vrydag aangekondig dat die gebou nou finaal teen A$510 miljoen aan ’n konsortium bekend as Charter Hall verkoop is. Die transaksie is in Desember aangekondig.

Die opbrengs word gebruik om skuld te delg.

Dit maak dit ook moontlik om die finansiering van David Jones en Country Road, nog ’n Woolies-filiaal Doer Onder, te skei.

So ’n stap sou nodig wees indien Woolworths enigeen van die twee wou verkoop.

Roy Bagattini, uitvoerende hoof, het onlangs aan Netwerk24 gesê dat hulle nie aktief na ’n koper vir David Jones opsoek is nie.

“Ek is nie daartoe verbind om David Jones te verkoop nie, maar as uitvoerende hoof sou dit nalatig van my wees as ek nie alle opsies oorweeg nie.”

Bagattini het ook beklemtoon dat die omkeerplan met David Jones eers voltrek sou moet word voordat dit ’n aanloklike bate is.

LEES OOK: David Jones nog nie te koop

Die gebou van elf verdiepings in Elizabethstraat, oorkant Sydney se Hyde Park, word as David Jones se vlagskipwinkel beskou. (Die amptelike straatadres is Castlereaghstraat 86 tot 108.)

LEES OOK: Woolworths verkoop David Jones se grootste winkel

Die winkel het sy deure in 1927 oopgemaak. Kort ná die Tweede Wêreldoorlog in 1947 het Christian Dior sy eerste modevertoning buite Parys daar aangebied, en ’n staatsbanket is in 1954 vir koningin Elizabeth in die restaurant op die sewende verdieping gehou.

David Jones sal voortgaan om die eiendom vir ’n aanvanklike termyn van 20 jaar te huur, met vyf opsies om die kontrak vir nog tien jaar elk te verleng, dus ’n totale tydperk van 70 jaar.

Meer oor:  David Jones  |  Woolworths  |  Kleinhandelaars  |  Klerebedryf  |  Kruideniersware  |  Klerekleinhandel  |  Kos  |  Kleinhandel  |  Klere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.