Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Woolworths se wins kan met 70% daal
Woolworths in die V&A Waterfront. Foto: Jaco Marais

Woolworths se kernwins per aandeel kan met tot 70% daal.

Dit het Vrydagoggend aan die lig gekom toe hy in ’n handelsoorsig getoon het hoe sy wins onder die impak van die inperkings weens die pandemie gaan deurloop.

Sy aandeelprys het sedertdien met meer as 2% gedaal.

Die maatskappy het reeds onlangs in ’n handelsoorsig aangedui sy verkope gaan met 2,9% daal weens ’n daling in klereverkope in Suid-Afrika en Australië.

Klerewinkels was lank gesluit weens die staat van inperking.

Die daling in wins kom ondanks sy koswinkels wat stewige verkope in die boekjaar gehad het.

“Die Covid-19-pandemie het ’n wesenlike impak op die groep in die tweede helfte van die boekjaar gehad en na verwagting gaan die impak in die res van die kalenderjaar voortduur,” lui sy handelsoorsig.

Volgens die groep het dit vereis dat die drawaarde van sy bates herwaardeer moet word.

Die aanvaarding van die rekenkundige standaard IFRS16 het ook bygedra daartoe dat die drawaarde van sekere winkelbates afgeskryf moes word en dit het ’n negatiewe impak op sy wins per aandeel gehad.

’n Besluit oor belasting het ’n verdere impak op sy wins per aandeel gehad.

Selfs as die impak van IFRS16 uitgesluit word, gaan sy kernwins per aandeel met tussen 60% en 70% daal.

Sy resultate vir die boekjaar word op 17 September uitgereik.

Meer oor:  Woolworths  |  Staat Van Inperking  |  Resultate  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.