Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Woolworths wil R2 mjd. in Australië se mark leen

Die Woolworths-groep gaan R2 miljard se skuldbriewe in Australië in die mark uitreik om van sy bankskuld daar te herfinansier.

Die groep se netto skuld in Australië het einde Junie R4,2 miljard (A$420 miljoen) beloop. Hy wil skuldbriewe van A$200 miljoen (R2 miljard) uitreik om van sy lenings by banke te verminder en te herfinansier.

Die groep sê in ’n voorlopige inligtingstuk hy het proaktief met ’n dividend-vakansie in Australië begin ná ’n tydperk van beleggings in die onderneming.

Dit is ’n verwysing na die besluit wat met jaareinde aangekondig is om die dividend van Australië af terug te hou en net ’n dividend uit die Suid-Afrikaanse bedrywighede te betaal.

Die dividend-vakansie sal voortduur tot die skuld in Australië halveer tot R2 miljard (A$200 miljoen).

Ingesluit sy Suid-Afrikaanse skuld het Woolworths einde Junie netto skuld van R12,4 miljard gehad.

Meer oor:  Woolworths  |  Winkelgroep  |  Maatskappye  |  Klerewinkel  |  Skuldbriewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.