Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Wynwinkel moet sluit ná verkope deur dak skiet
Wynafleweraars na ondernemings soos Getwine het Vrydag nog geskarrel om die voorraad reg te kry vir aflewerings wat van Maandag af aan kopers gedoen mag word.

Die aanlyn wynwinkel Getwine.co.za het nuwe bestellings tydelik opgeskort nadat kopers hulle vandeesmaand behoorlik oorstroom het.

Talle verbruikers het eers in Mei besef hulle kan nou reeds drank koop vir aflewering sodra die verbod op die verkoop van drank gelig is, dus vanaf Maandag 1 Junie.

Volgens Johan Wegner, bedryfshoof van Getwine, het hulle nie in April groter belangstelling as gewoonlik gesien nie.

“Maar toe breek Mei aan – en Mei was net ongelooflik besig vir die hele maand,” sê hy.

Wagner sê vanaf die eerste twee dae voordat pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand in middel Mei die land toegespreek het oor vlak 3 van die inperking het hul verkope deur die dak geskiet.

“Daar was ’n enorme invloei van mense wat wou bestel,” sê hy.

“Dis ’n rekordmaand en rekorddae opeenvolgens.”

Die besluit is Woensdag geneem om hul webblad tydelik toe te maak omdat die bestellings vanaf Maart net te veel is, sê Wegner. Hulle gaan nou eers daarop fokus om die bestaande bestellings afgelewer te kry.

Volgens Wegner maak nuwe klante nou sowat ’n derde van al hul klante uit.

Wynverskaffers was Vrydag druk besig toe aflewering na feitlik leë pakhuise hervat is vir die eerste keer sedert einde Maart.

Meer oor:  Vlak 3  |  Drankverbod  |  Drankverkope
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.