Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
ZAR X: Mededinging vir JSE gou hier
Die JSE kry eersdaags mededinging in die vorm van ZAR X.

Die JSE gaan eersdaags mededinging kry nadat die Raad op Finansiële Dienste (RFD) die eerste keer in meer as ’n eeu ’n lisensie om ’n aandelebeurs te bedryf, uitgereik het.

Die lisensie wat aan ZAR X uitgereik is, stel die maatskappy in staat om ’n onafhanklike beurs te bedryf en bied ’n opwindende alternatief vir maatskappye wat hul aandele wil noteer, sê Etienne Nel, hoof van ZAR X.

“Ons maak ook beleggings eenvoudiger en meer bekostigbaar vir die publiek – veral vir die laerinkomstegroepe,” sê Nel.

Die maatskappy se tegnologie stel beleggers onder meer in staat om aandele te verhandel via hul mobiele toestelle.

Die JSE is in 1887 gestig gedurende die goudstormloop en is Afrika se grootste beurs.

ZAR X sal ’n hoofbord hê waarop maatskappye sal kan noteer, asook een wat ’n formele weergawe van die voorheen “oor-die-toonbank”-platforms sal wees. Daar sal ook ’n beleggingsprodukmark wees, ’n platform vir die verhandeling van gestruktureerde produkte en voorkeuraandele, sê Nel.

“Die ontstaan van die ZAR X-beurs is ’n teken dat die rigiede strukture van die verlede afgetakel word en help om die pad oop te maak vir nuwe toetreders tot die formele ekonomie, veral swart beleggers en entrepreneurs wat gretig is om ’n groter bydrae te maak tot werk- en welvaartskepping.”

Verhandeling op ZAR X gaan na verwagting op 1 September begin.

ZAR X is nie die enigste maatskappy wat vir ’n lisensie aansoek gedoen het nie. Verlede jaar het 4 Africa Exchange en A2X ook aansoek gedoen.

Donna Oosthuyse, direkteur van kapitaalmarkte van die JSE, het in Januarie gesê die beurs is gereed om ’n nuwe mededinger die stryd aan te sê. “Ons beplan om regverdig, maar aggressief, mee te ding.”

Meer oor:  Jse  |  Notering  |  Beurs  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.