Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Zim-dollar looi PPC se resultate
’n Werker in een van PPC se aanlegte.Foto: Argief

Die nuwe Zimbabwiese dollar het die sementvervaardiger PPC se resultate geknou.

Daarby het sy bedrywighede in die res van Suider-Afrika ook nie goed gevaar in die ses maande tot einde September nie, het hy Woensdag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, gesê.

Die maatskappy het in dié tydperk ’n verlies van 4c per aandeel gely vergeleke met ’n verdienste per aandeel van 21c in die ooreenstemmende ses maande.

Hy wel ’n wesensverdienste van 6c per aandeel behaal, maar dit is 71% laer as die 21c in die ooreenstemmende tydperk.

PPC se skuld het met 2,5% tot R5,13 miljard gestyg.

Zimbabwe

Met PPC se bedrywighede in Zimbabwe ingereken, het sy inkomste met 12% tot R4,94 miljard gedaal.

Sonder dié bedrywighede het sy inkomste met net 1% tot R4,5 miljard gedaal teenoor die vergelykende syfer in die ooreenstemmende halfjaar.

Dit is hoofsaaklik weens die “beduidende devaluasie van die Zimbabwiese dollar teenoor die rand” sê die maatskappy in die verklaring.

“PPC Zimbabwe het aansoek gedoen om hiperinflasionêre boekhouding van 1 April 2019 tot 30 September 2019 toe te pas. Die resultate, netto bates en kontantvloei is teen ’n wisselkoers van Z$1 tot R0,99 bereken, vergeleke met Z$1 tot R4,80 – die wisselkoers in Maart 2019. Dit het ’n wesenlike impak op die resultate gehad.”

Roland van Wijnen, uitvoerende hoof van PPC, sê in die verklaring gelukkig het goeie bedryfsresultate in Rwanda en die Demokratiese Republiek van die Kongo die maatskappy gehelp om die invloed van die Zimbabwiese dollar teen te werk.

Suider-Afrika

Ook in Suider-Afrika, wat Suid-Afrika en Botswana insluit, het PPC swaar getrek.

Veral die 30%-styging in die prys van brandstof het sy inkomste geknou.

Sy inkomste in dié streek het met 8% tot R2,55 miljard gedaal, al het die prys van sement met tussen 8% en 10% gestyg. Tussen 10% en 15% minder sement is in dié tydperk verkoop.

Toekoms

PPC sê hy werk hard om die verspreiding van sy produkte te optimaliseer.

Hy kla egter dat toenemende invoer van “substandaard”-produkte sy mark knou. Die maatskappy vra dat stappe gedoen word om plaaslike vervaardigers te beskerm.

PPC het geen dividend verklaar nie.

Hy het Woensdagoggend bykans onveranderd teen R3,42 per aandeel op die JSE verhandel.

Meer oor:  Ppc  |  Sement  |  Zim Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.