Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
iTrade met 'n Miljoen
iTrade met ’n Miljoen: Hier is die reëls!

Moenie vir drie maande lank lekker saamspeel in ons virtuele verhandelingskompetisie net om gediskwalifiseer te word nie.

Netwerk24 en Sanlam iTrade is baie opgewonde om vandeesweek die iTrade met ’n Miljoen-uitdaging bekend te stel. Hoewel die kompetisie eers op 3 September amptelik open, kan voornemende deelnemers hulle nou reeds registreer en op die virtuele nabootsplatform oefen.

Meer besonderhede, wenke en idees sal vir die hele drie maande van die kompetisie aan deelnemers gegee word, maar dis baie belangrik dat deelnemers die reëls volg.

Hier is die bepalings en voorwaardes:

1. Die uitdaging begin op Maandag 3 September 2018 en eindig op Vrydag 30 November 2018.

2. Registrasie is reeds oop en kan gedoen word tot vóór die laaste week van die uitdaging. (Dus geen registrasie ná 25 November 2018 nie.)

3. Toegang tot die uitdaging is gratis en oop vir gewone individue (geen professionele beleggers of makelaars mag deelneem nie) bo die ouderdom van 18 jaar op 1 September 2018 met ’n geldige identiteitsnommer en e-posadres.

4. Werknemers van Sanlam Private Welvaart (insluitend Sanlam iTrade) en Netwerk24 en hul nabye familielede mag deelneem, maar kwalifiseer nie vir pryse nie.

5. Deelnemers wat nie korrekte inligting verskaf nie of wat meer as een keer registreer, sal gediskwalifiseer word.

6. Slegs een registrasie per person word toegelaat.

7. Vir die doel van dié dokument word na ’n deelnemer wat vir die uitdaging registreer, verwys as ’n iTrader. Elke iTrader sal ’n fiktiewe R1 000 000 kry om te belê op Sanlam iTrade se virtuele nabootser (VN).

8. iTraders kan voor die tyd oefen, maar op 3 September sal alle vorige transaksies uitgevee word en almal sal met die R1 000 000 virtuele kontant begin.

9. Deur in te skryf vir die uitdaging, aanvaar jy die reëls en enige verandering of wysiging van die reëls soos gepubliseer op die webwerf van tyd tot tyd, sowel as die webwerfbepalings en voorwaardes soos uiteengesit in Sanlam se “Terms of Use”.

10. Sanlam iTrade behou die reg voor om die reëls van die uitdaging ter eniger tyd te wysig volgens hul uitsluitlike diskresie. Enige verandering of wysiging sal gekommunikeer word aan alle iTraders via e-pos, maar dit bly die iTrader se verantwoordelikheid om gereeld die webwerf na te gaan vir veranderings of wysigings aan die reëls. Deur te registreer vir die uitdaging stem iTraders in om te voldoen aan die reëls en alle toekomstige veranderinge en wysigings.

11. Oortreding van enige van die reëls kan lei tot diskwalifisering volgens die uitsluitlike diskresie van Sanlam iTrade. Dit is nie die verantwoordelikheid van Sanlam iTrade om iTraders in kennis te stel van oortreding van die reëls nie, iTraders moet self verseker dat hulle voldoen aan die reëls.

12. iTraders stem hiermee in dat hul gebruikersname en prestasie op ’n voorloperbord vertoon kan word, sowel as besonderhede van hul transaksies.

13. iTraders moet verseker dat hulle ’n aanvaarbare gebruikersnaam vir publikasie kies.

14. iTraders stem hiermee in dat hul persoonlike besonderhede gebruik kan word om die uitdaging te bemark.

15. Alle koop- en verkooptransaksies kan slegs aanlyn uitgevoer word. Alle transaksies sal op die iTrade- virtuele nabootser (VN) plaasvind.

16. iTraders mag slegs transaksies in die volgende instrumente doen:

  • Aandele en CFD’s wat ingesluit is in die JSE se top-40-indeks, soos hieronder uiteengesit. Verhandeling van CFD’s op sommige aandele is soms nie beskikbaar nie weens volatiliteits- of likiditeitsredes.
  • Aandele en CFD’s in die Dow Jones-nywerheidsindeks 30 soos hieronder uiteengesit.

17. Dit is die verantwoordelikheid van die iTrader om te verseker dat hy of sy slegs verhandel in dié instrumente omdat verhandeling in ander instrumente kan lei tot diskwalifisering.

18. Kortverkope in CFD’s word toegelaat as dit op die VN-platform beskikbaar is. Outomatiese uitverkoop van jou posisie/s sal gebeur op CFD’s as jou marge meer as 150% van die vereiste marge oorskry. Byvoorbeeld: As jou CFD-marge wat benodig word R1 miljoen is en jou kontantbalans is slegs R500 000, staan jy op 150% en dan sal posisies toegemaak word.

19. iTraders sal pryse sien wat met 15 minute vertraag is, maar transaksies sal uitgevoer word teen die lewendige markprys op die beurs. Dit word dus aanbeveel om opdragte te plaas teen “mark”- eerder as teen ’n “limietprys”. Mark-opdragte word uitgevoer teen die beste beskikbare koop- of verkoopprys. Indien jy net teen ’n spesifieke prys wil verhandel, is jy welkom om ’n limiet-opdrag te plaas.

  • Jou koop-opdrag sal tydens markure gevul word as jy ’n mark-opdrag geplaas het of as jou limiet-opdrag se prys gelyk of hoër is as die aanbod-/verkoopprys op die beurs.
  • Jou verkoop-opdrag sal gevul word as jy ’n mark-opdrag geplaas het of as jou limiet-opdrag se prys gelyk of laer is as die bod-/koopprys op die beurs. Dit sal nie op die laaste verhandelde prys gevul word nie.

20. Opdragte word nie gevul in die openings- of sluitingstyd of enige ander veiling (“auction”) nie.

21. Daar is geen volumebeheer nie, gevolglik word alle transaksies gevul indien die bestelling ooreenstem met die aanbod of die bodprys soos hierbo verduidelik.

22. Geen voorsiening word gemaak vir gewone dividende en ander korporatiewe aksies in die VN nie, behalwe vir korporatiewe aksies wat deur Sanlam iTrade as spesiaal geag word, byvoorbeeld waar ’n konsolidasie of verdeling van aandele deur die maatskappy gedoen word. In gevalle van spesiale dividende kan ’n versoek binne twee dae gerig word aan Sanlam iTrade vir ’n aanpassing in die portefeulje om die korporatiewe aksie in ag te neem, maar slegs vir dividende wat as spesiaal geag word; nie vir gewone dividende nie.

23. Portefeuljes kan nie gedurende die uitdaging herstel word nie. Niemand mag ook van voor af registreer nie.

Die wenners sal bepaal word slegs deur die virtuele kontantposisie aan die einde van die uitdaging. iTraders moet gevolglik al hul aandele verkoop of hul posisies toemaak voor die einde van die uitdaging om 17:00 op 30 November 2018 om in aanmerking te kom vir pryse.

24. Die algehele wenner is die iTrader met die grootste virtuele kontantbalans aan die einde van die uitdaging. Die algehele wenner wen R25 000 in kontant plus iTradePro-toegang as Sanlam iTrade-kliënt vir ’n jaar.

25. Die 100 beste iTraders met die grootste virtuele kontantsaldo’s wen gratis toegang as standaard-iTrade-kliënte vir ’n jaar, tot November 2019. Wenners moet aanlyn registreer om hul rekeninge te open en moet aan al die vereistes vir registrasie voldoen.

26. In die geval van ’n gelykop-uitslag sal die prysgeld verdeel word.

27. Die besluit van Sanlam iTrade is finaal en Sanlam iTrade hoef nie hul besluit te verduidelik nie.

28. Elke iTrader is verantwoordelik vir sy of haar eie belastingaanspreeklikheid wat mag ontstaan as gevolg van enige pryse. Gevolglik word iTraders aangeraai om hul eie belasting- of regsadvies in te win. Sanlam iTrade mag enige gedeelte van die prysgeld terughou vir die doeleindes van belasting indien dit nodig geag word.

29. In geval van diskwalifisering moet enige prysgeld wat reeds toegeken is deur die wenner/s aan Sanlam iTrade terugbetaal word binne 14 dae van so ’n kennisgewing per e-pos.

30. Die uitdaging is ’n “beste-poging”-diens. Sanlam Private Welvaart, Sanlam iTrade, Netwerk24 of hul agente sal nie verantwoordelik gehou word vir enige onderbreking, onbeskikbaarheid of tegniese probleem wat teëgekom word op die webwerf of enige kommunikasienetwerk, asook enige verlies van data, opdragte of ander vorm van kommunikasie nie. Sanlam iTrade waarborg nie dat toegang tot die webwerfdiens beskikbaar, ononderbroke, vry van vertraging of foutvry sal wees nie of dat enige gebreke in die webwerf betyds gekorrigeer sal word nie.

31. Indien, om enige rede, die webwerf nie funksioneer soos bedoel is nie as gevolg van enige oorsaak wat ’n effek het op die administrasie, webwerfsekuriteit, regverdigheid, integriteit of behoorlike uitvoering van die uitdaging, mag Sanlam iTrade volgens sy uitsluitlike diskresie besluit om die uitdaging te kanselleer of te beëindig of te wysig of uit te stel, of enige ander handeling wat beskikbaar mag wees. Geen eis kan in so ’n geval teen Sanlam Private Welvaart, Sanlam iTrade, Netwerk24 of enige van hul agente ingestel word nie.

32. Sanlam iTrade mag volgens sy uitsluitlike diskresie enige deelnemer uitsluit van deelname aan die uitdaging in omstandighede wat volgens Sanlam iTrade se uitsluitlike diskresie daardie deelnemer ongeskik maak om deel te neem.

  

Watter aandele op die JSE verhandel mag word

      

  • Anglo American (AGL)
  • Anglogold Ashanti (ANG)
  • Aspen Pharmacare (APN)
  • Absa Group (BGA)
  • Bidcorp (BID)
  • BHP (BIL)
  • British American Tobacco (BTI)
  • Bidvest (BVT)
  • Capitec (CPI)
  • Discovery (DSY)
  • FirstRand (FSR)
  • Gold Fields (GFI)
  • Growthpoint Properties (GRT)
  • Investec (INL)
  • Imperial (IPL)
  • Life Healthcare (LHC)
  • Mediclinic International (MEI)
  • Mondi (MND)
  • Mr Price Group (MRP)
  • MTN (MTN)
  • Nedbank Group (NED)
  • Naspers (NPN)
  • Nepi Rockcastle (NRP)
  • Old Mutual (OMU)
  • Redefine Properties (RDF)
  • Remgro (REM)
  • Richemont (CFR)
  • RMB Holdings (RMH)
  • Reinet Investments (RNI)
  • Sappi (SAP)
  • Standard Bank Group (SBK)
  • Shoprite (SHP)
  • Sanlam (SLM)
  • Sasol (SOL)
  • Spar (SPP)
  • Tiger Brands (TBS)
  • The Foschini Group (TFG)
  • Truworths (TRU)
  • Vodacom Group (VOD)
  • Woolworths (WHL)

    

Watter aandele op die Dow Jones verhandel mag word

       

  • 3M (MMM)
  • Amercian Express (AXP)
  • Apple (AAPL)
  • Boeing (BA)
  • Caterpillar (CAT)
  • Chevron (CVX)
  • Cisco Systems (CSCO)
  • Coca-Cola (KO)
  • DowDuPont (DWDP)
  • ExxonMobil (XOM)
  • General Electric (GE)
  • Goldman Sachs (GS)
  • IBM (IBM)
  • Intel (INTC)
  • Johnson & Johnson (JNJ)
  • JPMorgan Chase (JPM)
  • McDonald’s (MCD)
  • Merck (MRK)
  • Microsoft (MSFT)
  • Nike (NKE)
  • Pfizer (PFE)
  • Procter & Gamble (PG)
  • The Home Depot (HD)
  • Travelers (TRV)
  • UnitedHealth Group (UNH)
  • United Technologies (UTX)
  • Verizon (VZ)
  • Visa (V)
  • Walmart (WMT)
  • Walt Disney (DIS)
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.