Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
iTrade met 'n Miljoen
Wen groot met Netwerk24 en Sanlam iTrade

Wou jy nog altyd met aandele speel, maar is jy te bang om jou eie geld te waag omdat jy voel jy te min weet?

Hier is dan jou kans om meer te leer oor aandeleverhandeling terwyl jy boonop die kans staan om geld te wen. Die beste van alles is: Jy kan niks verloor nie!

Ons gee jou ’n virtuele R1 miljoen om drie maande lank mee te speel in die iTrade met ’n Miljoen-uitdaging. As jy ná drie maande daardie geld beter as ander deelnemers laat groei, wen jy R25 000 wat jy kan gebruik soos jy wil - dalk om régtig op die aandelebeurs te verhandel.

Die kompetisie word deur Sanlam iTrade en Netwerk24 aangebied. 

Die uitdaging is oop vir almal - jy hoef nie ’n intekenaar van Netwerk24 te wees nie. Deel dus vryelik die besonderhede oor die kompetisie met jou vriende en familielede! Ons sal wel unieke inhoud soos wenke net met intekenare deel.

Elke deelnemer kry R1 miljoen se speelgeld om op iTrade se virtuele nabootsplatform te belê. Die platform lyk presies soos Sanlam iTrade se werklike aanlyn verhandelingsplatform.

Jy mag slegs in uitgesoekte aandele belê: die top-40-indeks van die JSE en die Dow Jones 30-aandele. Dit is dus baie belangrik dat mense kennis dra van die lys aandele wat hulle mag verhandel. Ons sal mense ook deurgaans herinner watter aandele dit is.

  

Hoe neem jy deel?

  

1. Klik hier om jou vir die kompetisie te registreer.

2. Klik hier om die reëls van die kompetisie te lees.

    

Jy kan daardie aandele regstreeks koop of verkoop, of jy kan verskilkontrakte (contracts for difference, CFD’s) aangaan. CFD’s is ’n manier om voordeel te trek uit die styging óf daling van ’n aandeelprys sonder dat jy die aandeel besit. Jy “wed” en maak wins uit die verskil tussen die aandeelprys wanneer jy die kontrak aangaan en wanneer jy die kontrak beëindig.

As dit in dié stadium vir jou soos Grieks klink, moenie bekommerd wees nie – deur die loop van iTrade Met ’n Miljoen sal Netwerk24 artikels dra wat die basiese beginsels van aandeleverhandeling verduidelik en ook wenke van kenners aan spelers gee.

Deelnemers aan die kompetisie sal ook toegang kry tot iTrade se kursusse, navorsing en ander hulpmiddels.

Dis moeilik om die aandelebeurs te verstaan, maar moenie bekommerd wees nie - jy hoef nie ’n kenner te wees om saam te speel in die iTrade met ’n Miljoen-uitdaging nie!

Dit kos niks om in te skryf nie.

Die wenner wen R25 000 kontant, sowel as gratis lidmaatskap van iTradePro vir ’n jaar.

Die 100 mense wat die beste vaar, wen gewone iTrade-lidmaatskap vir ’n jaar.

Die uitdaging begin Maandag 3 September en eindig drie maande later, op Vrydag 30 November.

Mense wat wil deelneem, kan egter nou reeds registreer en begin oefen – so kan hulle vertroud raak met die platform voor die amptelike begindatum.

Elke individu kan net een keer registreer. Om te registreer, moet jy ouer as 18 wees. Jy het jou identiteitsnommer en ’n geldige e-posadres nodig.

Geen professionele beleggers en makelaars mag deelneem nie.

  • Sanlam iTrade is deel van Sanlam Privaat Welvaart (SPW), wat in drie van die afgelope vyf jaar as Suid-Afrika se beste welvaartbestuurder aangewys is in die Intellidex-opname vir private banke en welvaartbestuurders.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.