Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Meer as 8 uit 10 kan nié sorgvry aftree

Meer as agt uit elke tien werkende Suid-Afrikaners sal hul rieme dunner moet sny wanneer hulle eendag die tuig neerlê.

geldsake
Vir baie mense is daar min goud in hul goue jare. Foto: Pixabay

Sanlam se jaarlikse Benchmark-verslag oor aftreebeplanning wys dat net sowat 20% van onafhanklike konsultante oor werknemersvoordele reken dat die lede van aftreefondse hul lewenspeil ná aftrede gemaklik sal kan volhou.

Die Benchmark as geheel raam dat 19% van mense in alleenstaande pensioenfondse dit sal kan doen en 14% van mense in sambreelfondse. Dit totaal vir alle fondse is 18,92% - die laagste in vyf jaar.

Die syfers is “uiters kommerwekkend”, sê David Gluckman, hoof van spesiale projekte by Sanlam Werknemervoordele.

Gluckman het met die uitreiking van vanjaar se Benchmark-verslag in ’n voorlegging getiteld “Making Retirement Great Again” gesê pensioenfondse moet dringend die trant van gesprekke oor aftrede verander en op uitkomste fokus. Op die oomblik is daar ’n “fiksasie” op koste.

“Koste was nog altyd sentraal tot die aftreedebat, maar toe ons 100 onafhanklike konsultante oor werknemersvoordele gevra het wat hul belangrikste wens is, was die algemeenste reaksie dat hul eie kliënte moet ophou om op koste teenoor waarde te fikseer ...

“Daar moet meer gefokus word op wat konsultante, administrateurs en verskaffers doen om proaktief lede se uitkomste te verbeter.”

Gluckman sê ’n verskeidenheid dinge moet aangepak word, waaronder beter advies aan en opvoeding van fondslede sodat hulle beter besluite kan neem; beter beleggingsbesluite deur administrateurs, asook beter regulering. Uiteindelik gaan dit ’n gesamentlike poging deur alle rolspelers – onder wie ook die lede self – verg om aftrede te verbeter, oftewel “to make retirement great again”.

Meer oor:  Sanlam  |  Aftrede  |  Pensioenfondse  |  Benchmark  |  Aftreebeplanning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.