Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
‘Aftrede’ is werk, werk, werk vir die meeste in SA

Wat doen Suid-Afrikaners wat nie kan bekostig om af te tree nie? Hulle hou eenvoudig aan werk.

Volgens Old Mutual se Spaar- en Beleggingsmonitor vir 2019 hou tot 92% van mense aan werk nadat hulle aftree-ouderdom bereik het. Hulle kan eenvoudig nie bekostig om “agteroor te sit en die plesiere wat die lewe bied, te geniet nie”, sê Lynette Nicholson, navorsingshoof van Old Mutual.

sonsondergang
Ag jouself baie gelukkig as dít is hoe jou aftrede lyk - jy is in die minderheid. Foto: Unsplash

Vir nagenoeg 80% van senior burgers verteenwoordig hul pensioen net 27% van hul inkomste en ander spaargeld of beleggings nog 7%.

Die monitor wys daarop dat 42% van huishoudings waarin mense wel werk het, glad nie vir aftrede spaar nie. Hulle het nie ’n pensioenfonds by hul werkgewer óf ’n private uittree-annuïteit nie.

’n Groot persentasie mense meen voor aftrede hul kinders of die staat moet vir hulle sorg wanneer hulle aftree. Nagenoeg 30% van werkende mense beskou hul huis minstens deel van hul aftreeplan.

Van afgetredenes wat aanhou werk, werk 50% vir ’n salaris, 36% het ná aftrede hul eie onderneming begin, en 13% het voor aftrede ook vir hulself gewerk en hou daarmee aan of word ’n konsultant.

Gemiddeld 53% van afgetredenes ondersteun kinders en kleinkinders finansieel. Nog 9% ondersteun hul eie bejaarde ouers of selfs grootouers.

Die druk op afgetredenes beteken vergeleke met verlede jaar het 45% vanjaar minder begroot vir klere en skoene; 41% minder vir vakansies; 39% minder vir uiteet en vermaak; 38% minder vir krag; en 36% minder vir selfoonlugtyd.

Afgetredenes se besteding is soortgelyk aan dié van werkende mense, met nagenoeg tweederdes vir lewenskoste, maar afgetredenes se mediese uitgawes beloop 10% van hul inkomste – dubbeld wat werkende huishoudings bestee.

Slegs 4% van afgetredenes met ’n pensioen- of voorsorgfonds onttrek nie van dié geld kontant by aftrede nie. Mense met pensioenfondse bo ’n sekere waarde mag nie meer as ’n derde kontant onttrek nie, maar mense met voorsorgfondse mag steeds alles onttrek terwyl die proses sloer om soortgelyke wetgewing op alle aftreeprodukte toe te pas.

21% van respondente het hul volle pensioen kontant onttrek en 75% het ’n deel onttrek.

Nicholson sê die feit dat soveel mense kontant onttrek, wys op die gebrek aan voorbereiding vir aftrede. Ideaal gesproke moet mense hul aftreegeld gebruik om ’n maandelikse pensioen te koop. Hulle sal dan “beter toegerus wees om op lang termyn finansieel te oorleef”.

Nicholson sê huishoudings wat hul skuldvlakke verminder in die laer fases van hul lewe, is baie beter toegerus om betreklik gerieflik te kan aftree.

Nietemin het 23% van afgetredenes nog motorfinansiering.

Nicholson beskou dit as opmerklik dat 49% van afgetredenes ’n kredietkaart gebruik en 51% ’n winkelkaart. Dalk selfs meer kommerwekkend is die redes waarvoor hulle hul kredietkaart gebruik, met 50% wat dit vir kos en kruideniersware gebruik en 65% wat dit vir noodgevalle inspan.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.