Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Aftrede: ’n Tydbom op hande
Suid-Afrikaners spaar glad nie genoeg vir aftrede nie.Foto: Pixabay

Suid-Afrikaners spaar nie vir hul aftrede nie.

Navorsing deur die beleggingsgroep 10X Investments wys 67% van Suid-Afrikaners het geen of net ’n vae finansiële plan vir aftrede.

Boonop blyk dit dat die meerderheid van kliënte wat wel vir aftrede spaar, nie regtig weet presies hoeveel hulle reeds gespaar het en hoeveel hulle nog moet spaar om hul lewenstyl tydens aftrede te handhaaf nie.

“Die tydbom wat Suid-Afrikaners se aftrede betref, tik al hoe harder,” sê Steven Nathan, uitvoerende hoof van 10X Investments.

“Suid-Afrikaanse huishoudings bly onder geweldige finansiële druk, wat weer ’n nadelige invloed het op hoeveel hulle vir aftrede spaar,” sê Hilan Berger, hoof van institusionele sakeontwikkeling by 10X Investments.

10X Investments het sy tweede jaarlikse verslag oor die stand van aftrede Sondag bekend gestel.

Die maatskappy gebruik syfers soos wat Statistieke Suid-Afrika oor die bevolking bekend stel saam met sy eie navorsing wat deur ’n peiling gedoen word om die verslag saam te stel.

Van die syfers is:

  • 72% van mense wat wel vir aftrede spaar, is bekommerd dat hulle nie genoeg geld gaan hê wanneer hulle wel aftree nie;
  • 72% van mense wat wel vir aftrede spaar, aanvaar hulle gaan moet aanhou om ’n inkomste te verdien selfs ná hulle afgetree het; en
  • 72% van vroue en 63% van mans het geen of slegs ’n vae finansiële plan wat betref aftrede.

    Wanneer dit by mense kom wat glad nie vir aftrede spaar nie, sê 55% hulle kan dit bloot nie bekostig nie terwyl 36% sê dit is nie tans ’n prioriteit nie.

Sowat 13% van mense sê hulle beplan bloot om nie af te tree nie.

10X Investments sê wat verder uiters kommerwekkend is, is dat 60% van mense wat wél vir hul aftrede spaar met behulp van die maatskappy vir wie hulle werk, het geen of min idee wat die stand van hul beleggings is.

Meer as helfte van mense wat wel vir hul aftrede op dié manier gespaar het, sê hulle het toe hulle hul werkgewer verlaat het, gekies dat dié spaargeld aan hulle uitbetaal moet word.

Hulle het dit nie in ’n preserveringsfonds laat oorplaas nie.

“Om die geld wat jy vir jou aftrede gespaar het, te laat uitbetaal wanneer jy van werkgewers verander, is een van die klassieke foute wat mense maak. Dit beteken jy gaan van voor af moet begin spaar.

“Jy verloor ook ’n groot bedrag wat jy oor die jare in saamgestelde rente sou verdien,” sê 10X Investments in sy verslag.

10X Investments sê baie werkende mense is finansieel verder onder druk om vir hul eie aftrede te spaar juis omdat hulle vir ouer familielede moet sorg.

Dit geld vir alle rasse met swart (68%), bruin (68%), wit (53%) en Indiër- (51%) Suid-Afrikaners wat erken hulle het mense wat deels of heeltemal afhanklik is van die geld wat hulle elke maand vir hulle gee.

Aftrede

Aftrede
Aftrede
Aftrede

Meer oor:  10X Investments  |  Steven Nathan  |  Pensioen  |  Aftrede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2185,94 (918)
  • Top 40 50077,78 (-5644)
  • All Share 56123,83 (-9658)
  • Resource 10 43758,63 (-5410)
  • Financial and Industrial 30 76079,11 (-10135)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.