Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Aftrede: Vroeg begin is half gewin

Baie van ons het ’n ideale prentjie van wat ons in ons aftrede wil doen, en die idee dat ons dit gaan doen met min of meer dieselfde inkomste wat ons met ons laaste salaris verdien het.

Maak seker daar is genoeg eiers in jou aftree-nes. Foto: Pixabay

Die Sanlam Benchmark-peiling, wat elke jaar onder werkende Suid-Afrikaners gedoen word, wys egter dat dié verwagting meestal onrealisties is. Net 6% van Suid-Afrikaners sal finansieel onafhanklik wees as hulle aftree; die res sal op hul familie of ’n staatspensioen moet staatmaak.

Daarom is dit so belangrik dat ’n mens so vroeg as moontlik vir jou aftrede begin spaar sodat jy die voordeel van saamgestelde rente kan benut, sê Morné van Vrede, beleggingspesialis verbonde aan Allan Gray se effektetrust-verspreiding.

Allan Gray is een van die deelnemers aan Volksblad, Jenwil BlueStar Finansiële Adviesdienste, Sanlam en Radio Rosestad se gratis Aftreekongres op 16 Augustus in Bloemfontein.

Hierdie kongres het sedert 2016 een van die beste bronne van aftree-inligting in Bloemfontein geword, met kundiges wat oor feitlik elke aspek van jou beplanning vir jou aftrede praat.

“Ons navorsing dui daarop dat dit ’n redelike vertrekpunt vir ’n 25-jarige is om 17% van jou salaris vir jou aftrede te spaar,” sê Van Vrede en voeg by dat die persentasie dramaties styg hoe later ’n mens begin spaar.

“Jy benodig 22% as jy op 30-jarige ouderdom begin spaar, op 40 moet jy 42% van jou salaris wegsit en op 45 sal jy 59% moet spaar.”

Lewensverwagting styg ook voortdurend en die waarskynlikheid dat ’n mens vir tot 30 jaar ná aftrede steeds moet aanhou belê, is ’n werklikheid.

“Inflasie is die vyand en beleggers moet mik om opbrengste te kry wat inflasie klop.”

Wenke om jou aftreespaargeld te laat groei
  • Moenie jou hele bonus bestee nie. Spaar ’n gedeelte vir jou aftrede en belê ook enige meevaller wat na jou kant toe kom sodat dit jou help om saamgestelde rente op ’n groter bedrag te verdien.

  • Stel jou aftrede uit. Deur vyf jaar later af te tree sal jy tot tien jaar se bykomende inkomste wen, want jy het vyf jaar meer gespaar en vyf jaar minder op jou spaargeld geleef.
  • Oppas om al jou eiers in een mandjie te sit.

Deur behoorlike diversifikasie, dus blootstelling aan verskillende bates en bateklasse, help jy jou belegging om onder verskillende markomstandighede te presteer. Dit verskaf reeds genoeg diversifikasie om in ’n effektetrust van ’n batebestuurder wat jy vertrou te belê. Só kan jy deur die Allan Gray Gebalanseerde Fonds blootstelling aan meer as 100 beleggings in verskillende bates en bateklasse kry.

Historiese data dui daarop dat aandele die hoogste presteerder op lang termyn onder die bateklasse is.

“Selfs al is die opbrengs op kort termyn wisselvallig en laat dit jou as belegger ongemaklik voel, sal die opbrengs oor die lang termyn ’n gladde kurwe vertoon en jou belegging in staat stel om inflasie te klop.”

Moenie wanneer jy aftree die maksimum wat jy in kontant kan onttrek, onttrek nie. Dit verminder jou aftreekapitaal.

“Navorsing het getoon deur jou aanvanklike onttrekking tot 4% van jou belegging in die eerste jaar vas te pen en daarna die stygings in die onttrekkingskoers van jou rand-gekoppelde belegging in ooreenstemming met inflasie te hou, terwyl jy minstens 50% van jou neseier aan groeibates toewys, is volhoubaar.”

  • Die Aftreekongres word op 16 Augustus om 17:00 by Summerwood Country Estate buite Bloemfontein gehou. Toegang is gratis, maar besprekings is noodsaaklik. Skakel Caren Eigelaar van Jenwil BlueStar by 051 447 0463 of stuur ’n e-pos na office@jenwil.co.za om te bespreek.
Meer oor:  Sanlam  |  Aftrede  |  Geldsake  |  Pensioen  |  Besparing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1083,54 (-1255)
  • Top 40 45833,2 (-9504)
  • All Share 52109,79 (-14967)
  • Resource 10 40398,42 (-45920)
  • Financial and Industrial 30 68198,26 (9282)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.