Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Aftreefonds kry R120 m. terug vir erwe

Die kurators wat aangestel is oor die munisipale raadslede se pensioenfonds (MCPF) het die R120 miljoen teruggekry wat die fonds wederregtelik vir erwe op Klerksdorp betaal het.

Die kurators het verlede jaar in ’n verslag aan die hooggeregshof gesê die fonds het R137 miljoen (ingesluit BTW) op onreëlmatige wyse aan die maatskappy Isago@N12 Development vir 11 eiendomme op Klerksdorp betaal.

Die eiendom is nooit oorgedra in die aftreefonds se naam nie.

Volgens die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor het die kurators van die aftreefonds daarin geslaag om “suksesvol” die R120 miljoen terug te kry. Dit sluit egter die BTW uit van omtrent R17 miljoen wat op die transaksie betaal is.

oud, bejaarde, pensioen
Die munisipale raadslede se pensioenfonds (MCPF) het R120 miljoen teruggekry wat aan hom verskuldig was.

Die gedragsowerheid het gesê toe die eiendom gekoop is, is dit op R70 miljoen gewaardeer.

Die kurator is aangestel ná ’n ondersoek in 2017 deur die gedragsowerheid se voorganger, die Raad op Finansiële Dienste (RFD), sodat ongerymdhede met beleggings, wanadministrasie en die wanbestuur van die aftreefonds se geld ondersoek kon word.

Die aftreefonds het meer as 5 600 lede wat raadslede van 234 munisipaliteite is.

Die kurators het einde Augustus verlede jaar in ’n verslag gesê die waarde van die fonds se bates staan op R1,7 miljard.

Volgens die gedragsowerheid is die geld vir die erwe teruggekry ná ’n hofgeding tussen die MCPF en Isago.

Van die probleme met die eiendom was dat die aftreefonds ’n maatskappy geskep het wat die eiendom moes hou. Die skep van die eiendomsmaatskappy deur die aftreefonds is verlede jaar in ’n verslag deur die kurators aan die hof as onwettig beskryf.

Die aftreefonds het ook die eiendomsmaatskappy se uitgawes betaal en dit is ook strydig met die Wet op Finansiële Instellings (Beskerming van Fondse).

Daar was moontlike botsing van belange toe amptenare van die aftreefonds as amptenare van die eiendomsmaatskappy aangestel is. Dit het ingesluit dat die voormalige hoofbeampte van die fonds ’n direkteur van die eiendomsmaatskappy was sonder die nodige magtiging.

Die kurators Juanito Damons en Sophie Thabang Kekana het in hul jongste verslag gesê talle eksterne ondersoeke oor wat skeefgeloop het by die aftreefonds duur nog voort.

Dit sluit in die ondersoek van die Regspraktykraad oor die regsfirma MSMM se oormatige gelde wat gehef is vir die invordering van die huur van eiendom wat die aftreefonds in Willows Office Park in Midrand besit.

Die Valke is ook nog besig met ’n ondersoek oor ongerymdhede wat deur die voormalige trustees aangemeld is.

Die kurators het ook gesê daar is besluit om met die arbitrasieproses tussen die fonds en Akani Retirement Fund Administrators voort te gaan.

Akani was die aftreefonds se administrateurs.

Die fonds se jaarstate vir die boekjaar tot einde Junie verlede jaar word nog geoudit en was veronderstel om einde Junie vanjaar afgehandel te word.

Die kurators het uitstel gekry vir die verslag oor die waardasie van die fonds se bates wat einde Junie ingedien moes word. Uitstel is tot einde Desember gegee.

Meer oor:  Pensioenfonds  |  Munisipaliteite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.