Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Aftreegeld: Goedkoop is nie altyd beter nie

’n Goeie kombinasie van aktiewe en passiewe fondse kan ’n belegger help om goeie opbrengste teen billike koste te behaal.

Rocco Carr van Glacier van Sanlam in Bloemfontein.

Só sê Rocco Carr, bestuurder van sakeontwikkeling by Glacier van Sanlam.

Hy is een van die deelnemers aan Volksblad, Jenwil BlueStar Finansiële Adviesdienste, Sanlam en Radio Rosestad se gratis Aftreekongres op 16 Augustus in Bloemfontein.

Carr sê daar is deesdae ’n veldtog om die koste van beleggingsportefeuljes af te bring.

“In beginsel maak dit sin, maar sommige mense is so obsessief om belasting te bespaar dat hulle eerder swak beleggings sal doen.”

Om dieselfde rede sal baie beleggers hulle bes doen om ’n beleggingsadviseur te vermy omdat hulle nie gelde wil betaal nie.

Die gevolg van sulke besluite is dikwels dat beleggers foute maak wat veel duurder is as die koste wat hulle sou betaal aan fooie omdat goedkoper fondse nie noodwendig lei tot beter prestasie nie.

Foto:

“Die waarde van advies is nie noodwendig onmiddellik sigbaar nie en soms neem dit tyd om werklik die vrugte te pluk.”

Carr sê daar word al hoe meer na passiewe fondse gekyk wat sekere indekse naboots, en dit teen ’n baie lae koste.

“Die beginsel maak natuurlik sin, want as ek twee mediumrisiko-fondse het wat presies dieselfde prestasie lewer, dan sal die een met die laagste koste mos beter presteer.”

Van die modelle wat in hierdie fondse gevolg word, is nie meer net die gewone indeksfondse nie, maar sluit mengsels van verskillende style en batetoewysings in.

Dit laat vrae ontstaan of aktiewe fondsbestuur, wat gewoonlik redelik duur is, enigsins waarde kan toevoeg en of die goedkoper fondse wel hierdie verskil in koste by die belegger se opbrengs voeg.

Carr het vier van die bekendste en gewildste passiewe (goedkoper) gebalanseerde fondse se ná-koste-opbrengs met sewe van die gewildste aktiewe (duurder) gebalanseerde fondse se ná-koste-opbrengste vergelyk. Die termyn van die ondersoek is egter beperk, want slegs drie van die passiewe fondse is drie jaar en ouer.

  

  

“Gegewe die tydperk van swak prestasie die afgelope drie jaar, maak dit op die oog af sin dat laer koste waarskynlik op beter opbrengs ná koste sal uitloop.”

Die kwessie is egter nie so eenvoudig nie.

Die duurste passiewe fonds het ’n totale kosteverhouding (TKV), van 0,61% gehad, teenoor die duurste aktiewe fonds se TKV van 2,05%. Die gemiddelde TKV van die goedkoop fondse was 0,57% teenoor die duurder fondse se gemiddelde van 1,52%, byna 1 persentasiepunt per jaar duurder.

Indien daar egter na die gemiddelde opbrengste ná koste oor twee, drie en vier jaar gekyk word, presteer die duurder fondse gemiddeld voortdurend beter as die pakket van goedkoper fondse.

Indien al die fondse in volgorde van prestasie geplaas word, is die beste posisie wat een van die goedkoper fondse oor al die termyne behaal het, slegs ’n vierde plek. Dit beteken dat die topdrie elke keer een van die duurder fondse was.

Indien die twee pakkette se gemiddelde opbrengssyfers vergelyk word, presteer die duurder pakket deurlopend beter as die goedkoper pakket. Verder sou die duurder pakket se gemiddelde opbrengs oor elk van die tydperke van twee, drie en vier jaar beter wees as die fonds wat vyfde was.

Dit beteken slegs een van die goedkoper fondse sou in jaar twee beter vaar as die duurder pakket se gemiddelde.

“Hierdie opbrengste is almal ná alle fondskoste, dus is daar nie ’n regstreekse verband tussen fondsgelde en opbrengs nie. Beleggers moet dit in ag neem wanneer portefeuljes saamgestel word.”

Carr beklemtoon egter dat goedkoper fondse steeds oorweeg moet word, veral ter wille van diversifikasie. “Daar moet gefokus word op die korrekte samestelling van ’n portefeulje met die regte risikoprofiel en batetoewysing eerder as om so goedkoop moontlik te wil belê.”

Die Aftreekongres word op 16 Augustus om 17:00 by Summerwood Country Estate buite Bloemfontein gehou.

Toegang is gratis, maar besprekings is noodsaaklik. Bel Caren Eigelaar van Jenwil BlueStar by 051 447 0463 of stuur ’n e-pos na office@jenwil.co.za om te bespreek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 1057,1 (1153)
  • Top 40 50272 (5224)
  • All Share 56445,57 (6428)
  • Resource 10 43624,93 (54914)
  • Financial and Industrial 30 74932,14 (-29412)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.