Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Aftreeramp dreig: Mense spaar ál minder vir aftrede
business, savings, annuity insurance, age and peop
Die lae persentasies wat Suid-Afrikaners tot hul aftrede bydra, is een van verskeie faktore wat meebring dat die meeste mense hul lewe lank tot ’n aftreefonds bydra, en tog hul lewenspeil ná aftrede dramaties moet afskaal weens geldnood. Foto: iStock

Werkende Suid-Afrikaners dra al hoe minder tot hul aftreefonds by, wat beteken ’n aftreeramp wag vir baie mense.

In 2018 is gemiddeld slegs 12,62% van mense se pensioendraende salaris vir aftrede gespaar vir mense wat aan alleenstaande fondse behoort, en slegs 10,7% vir mense wat aan sambreelfondse behoort, volgens Sanlam se jaarlikse Benchmark-verslag oor aftreebeplanning.

Dié persentasies verteenwoordig die persentasie wat werkgewers self kies om tot hul aftreefonds by te dra sowel as die persentasie wat werkgewers vir hulle bydra as deel van hul vergoeding.

Die gemiddeld van 12,62% is meer as ’n persentasiepunt minder as die vyfjaargemiddelde en baie minder as die tussen 15% en 25% wat finansiële raadgewers reken vir mense ’n finansieel gerieflike aftrede sal verseker.

Dis ook minder as die helfte van die 27,5% wat Jan Taks toelaat dat mense belastingvry tot hul aftreefondse kan bydra.

Werkgewers het verlede jaar slegs 5,68% vir alleenstaande fondse (5,5% vir sambreelfondse) van hul pensioendraende inkomste tot hul fonds bygedra. Die vyfjaargemiddelde vir alleenstaande fondse is 6,74%.

Daarby het die gemiddelde bydrae wat werkgewers tot die aftreefondse doen, vir die eerste keer sedert 2014 tot onder 10% gedaal tot 9,91% (sambreelfondse: 8,4%). Die vyfjaargemiddelde vir alleenstaande fondse is 10,34%.

Die totale syfer van 12,62% is as die twee bedrae saamgetel word, maar die persentasie afgetrek word wat lewens- en ongeskiktheidsdekking en administrasiegelde verteenwoordig.

Benewens dié kommerwekkende daling in bydraes moet in ag geneem word dat net sowat 48% van werkende Suid-Afrikaners wel ’n aftreefonds het.

Aftrede

Die lae persentasies wat Suid-Afrikaners tot hul aftrede bydra, is een van verskeie faktore wat meebring dat die meeste mense hul lewe lank tot ’n aftreefonds bydra, en tog hul lewenspeil ná aftrede dramaties moet afskaal weens geldnood.

Ander faktore sluit in:

  • Mense onttrek hul aftreegeld wanneer hulle van werk verander;
  • Beleggingskeuses of swak opbrengskoerse; en
  • Administrasiegelde.

Volgens die Benchmark-verslag sal minder as 19% van werkende Suid-Afrikaners ná aftrede hul leefstyl kan volhou. Dis die laagste persentasie in vyf jaar.

Wenke om jou vooruitsigte vir ’n gerieflike aftrede te verbeter, sluit in:

  • Verhoog jou bydrae tot jou aftreefonds (of uittree-annuïteit) wanneer jy jou jaarlikse verhoging kry of so gou as moontlik daarna.
  • Dra ’n deel van enige bonus tot jou aftrede by. Dieselfde geld belastingterugbetalings, geld wat jy erf of enige ander meevaller.
  • Probeer om al jou geld na ’n nuwe pensioenfonds of bewaringsfonds oor te dra wanneer jy van werk verander of minstens die grootste deel daarvan.
  • Stel aftrede so lank as moontlik uit. Selfs as jy aftree op 65 eerder as 60, gaan jou aftreepot aansienlik groter wees.
  • Indien jy ’n gedwonge aftreeouderdom bereik het, maar steeds ’n ander inkomste kan verdien, hou jou aftreegeld in jou pensioenfonds of dra dit na ’n bewaringsfonds oor, waar dit kan aanhou opbrengs verdien so lank as moontlik.
Meer oor:  Sanlam  |  Aftrede  |  Spaar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2417,42 (6258)
  • Top 40 48865,06 (-69430)
  • All Share 54876,82 (-74598)
  • Resource 10 43434,32 (-38670)
  • Financial and Industrial 30 73805,91 (-119542)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.