Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Ál minder mense gereed vir aftrede

Selfs nóg minder mense maak geldelike voorsiening vir hul aftrede as ’n jaar gelede, wys die beleggingsmaatskappy 10X se jongste Aftree-realiteitsverslag.

’n Argieffoto van mense wat toustaan vir die uitbetaling van hul maandelikse pensioen. Die helfte van Suid-Afrikaners maak geen voorsiening vir aftrede nie, wat beteken hulle sal by aftrede van staatspensioene afhanklik wees.

Luidens die verslag, wat vandag bekend gemaak word, het 46% van die respondente gesê hulle het geen vorm van aftree-planne nie.

Dit is 5 persentasiepunte meer as in 2018 se peiling.

Net 6% van die respondente het aangedui dat hulle ’n weldeurdagte aftreeplan het wat hulle in werking gestel het.

Die peiling se resultate stem ooreen met ’n verklaring van die nasionale tesourie dat slegs 6% van Suid-Afrikaners in staat sal wees om met gemak af te tree.

10X se navorsing is gedoen deur Band Atlas wat ’n verteenwoordigende steekproef van die 15,1 miljoen ekonomies aktiewe Suid-Afrikaners saamgestel het.

Die navorsing wys 21% van die deelnemers aan die peiling het ook net ’n vae aftreeplan. Onder diegene wat wel ’n vorm van aftreeplan het, het baie min ’n werklike begrip van hoeveel hulle tot sover gespaar het en hoeveel geld hulle sal nodig hê om hul huidige leefstyl ná aftrede te handhaaf.

Daar is verder bevind dat:

  • 72% van diegene wat wel ’n plan het, bekommerd is dat hulle nie genoeg geld gespaar sal hê teen aftree-ouderdom nie;
  • 77% van mense met ’n aftreeplan aanvaar dat hulle steeds ’n inkomste sal moet verdien ten tyde van aftrede; en
  • 72% van vroue oor alle bevolkingsgroepe heen het geen of bloot ’n vae plan vir aftrede.

Die aftreerealiteitsverslag bevestig die aanname dat aftreebeplanning ’n baie lae prioriteit is vir die meeste Suid-Afrikaners vir wie dit ’n daaglikse stryd is om finansieel te oorleef.

Syfers wat Statistiek Suid-Afrika in April vanjaar bekend gemaak het, toon dat 49,1% van die land se volwasse bevolking van 35,1 miljoen mense onder die boonste grens van die armoedelyn lê. As daar nie dringend aandag gegee word aan die gebrek aan aftredevoorsiening nie, sal al hoe mense teen aftrede in armoede verval.

In die 2019-’20-begroting het die regering se besteding aan maatskaplike toelae tot sowat R567 miljard gestyg en die getal mense wat afhanklik is van dié toelae sal na verwagting tot ­18,1 miljoen toeneem oor die volgende drie jaar.

“Suid-Afrika se aftree-tydbom tik al hoe harder,” sê Steven Nathan, uitvoerende hoof van 10X Investments, “en ons sal hierdie realiteit in die gesig moet staar.”

Die verslag het ook aan die lig gebring dat vroue oor die algemeen minder as mans vir aftrede spaar. Vroue wat aan die peiling deelgeneem het, het sowat 23% minder as hul manlike eweknieë in die werkplek verdien en die ongelykheid word vererger deurdat vroue se loopbane en inkomste dikwels onderbreek word wanneer hulle op kraamverlof moet gaan en kinders moet grootmaak. Daarbenewens leef vroue gemiddeld langer as mans.

Hoewel vroue in die algemeen meer spaarsamig is, is hulle minder geneig om hul spaargeld te belê waar hul beleggings sal groei, toon die verslag. Altesame 38% van vroue het aangedui dat hulle geen bates het nie, terwyl 42% minder as R1 miljoen se bates het.

Meer oor:  10X Investments  |  Aftrede  |  Aftreebeplanning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

  • INDEKS
  • GELDEENHEDE
  • KOMMODITEITE
Data word met 15 min. vertraag
  • Gold Mining 2260,51 (7457)
  • Top 40 50341,63 (26385)
  • All Share 56406,88 (28305)
  • Resource 10 44220,72 (46209)
  • Financial and Industrial 30 76382,91 (30380)

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.