Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Aftrede
Annuïteite: Oues mag dalk gou meer (óf minder) geld onttrek

Afgetredenes wat op die inkomste uit ’n lewende annuïteit staatmaak, sal dalk binnekort tot 20% van hul kapitaal per jaar mag onttrek. Tans mag hulle slegs 17,5% per jaar onttrek.

Retirement savings golden nest egg in a businessma
Afgetredenes sal eersdaags meer of minder van hul kapitaal mag onttrek. Die bestaande perke van tussen 2,5% en 17,5% gaan verander word na 0,5% tot 20%. Foto: iStock

Dit sal afgetredenes help wat finansiële druk beleef en meer geld wil onttrek.

Hulle sal egter ook die bedrag tot net 0,5% van hul kapitaal kan verminder. Die huidige minimum is 2,5%.

Dit sal afgetredenes help wat te midde van die daling in rentekoerse en die val in aandeelpryse hul kapitaal wil beskerm – en kan bekostig om hul inkomste te verminder.

Dié regulasies is pas deur die tesourie aangekondig.

Dis deel van die Wetsontwerp op Rampbestuur-belastingverligting en die Wetsontwerp op Rampbestuur-belastingverligtingadministrasie wat beoog word ten einde die ekonomiese en maatskaplike impak van die staat van inperking te versag.

Die maatreëls sal slegs tydelik wees, maar sal onmiddellik van krag word wanneer dié wetsontwerp wet word. Dit sal tot einde Augustus geld.

Gewoonlik kan veranderinge aan die onttrekkings slegs een keer per jaar, op die verjaardag van die annuïteit, gedoen word. 

Die wetsontwerpe word op 30 April vir openbare kommentaar gepubliseer. Daar sal na verwagting 30 dae vir kommentaar gegee word.

Daar is dus nog geen aanduiding van wanneer dit van krag sal word nie.

Meer oor:  Koronavirus  |  Aftrede  |  Lewende Annuïteite  |  Covid-19  |  Tesourie  |  Aftreebeplanning  |  Annuïteite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Sakegesprek

Jy moet ‘n intekenaar wees om ons weeklikse Sakegesprek-nuusbrief met Theo Vorster te ontvang.

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.